Mafeteng is 'n dorp in die suidweste van Lesotho en is die kampdorp (hoofstad) van die land se Mafeteng-distrik. Die dorp se naam beteken Plek van Ongetroude Vroue. Dit was ook die toneel van gevegte in die Geweeroorlog van 1880.Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal.
Mafeteng is sowat 76 kilometer suid van die land se hoofstad, Maseru geleë en het 'n bevolking van ongeveer 61 000 mense.
Die Suid-Afrikaanse grensdorp naaste aan Mafeteng is Wepener via die Van Rooyenshek doeanepos.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Grense van Lesotho Kategorie:Nedersettings in Lesotho