Die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit (voorheen bekend as die Frasuwil Plaaslike Munisipaliteit) is een van die plaaslike munisipaliteite in die Namakwa-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit bestaan uit die dorpe Williston, waar die raad gesetel is, Fraserburg en Sutherland.
Die raad word sedert die verkiesing op 18 Mei 2011 deur 'n koalisie tussen Cope en die Demokratiese Alliansie beheer. Jan Julies is toe verkies tot die eerste Cope-burgemeester van die munisipaliteit. In die munisipale verkiesing op 3 Augustus 2016 het die ANC een wins op Cope behaal en die DA weer twee setels verower. Dit het aan die ANC 'n volstrekte meerderheid van vier uit die sewe setels besorg, vergeleke met die DA se twee en Cope se een. Setelberekening volgens die OVK. URL besoek op 5 Augustus 2016.
Dorpe Fraserburg Sutherland Williston (setel)
Setels Party20002006201120162021ACDP01000ANC34345COPE00210DA42223PA---02
Verwysings
Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in die Noord-Kaap