Woudrichem (Brabants: Woerkem of Woerkum) is 'n stad en voormalige munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, wat aan die provinsies Gelderland en Zuid-Holland grens. Die voormalige munisipale gebied het sowat 14 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 52 km². Die stad Woudrichem (met die plek Oudendijk) het sowat 4 500 inwoners (2011).

Die voormalige munisipaliteit lê in die noordooste van die streek van die Land van Heusden en Altena. Verder lê die voormalige munisipaliteit suid van die Boven-Merwede-rivier (die stad Gorinchem lê aan die noordoewer) en wes van die Afgedamde Maas-rivier (die bekende Slot Loevestein lê aan die regteroewer).

Woudrichem het in 1356 stadsregte gekry.

Op 1 Januarie 2019 is Woudrichem opgegaan in die nuwe munisipaliteit Altena.

Plekke Plekke in die voormalige munisipale gebied van Woudrichem:<br/ > Almkerk, Andel, Bronkhorst, Duizend Morgen, Eng, Giessen, Oudendijk, Rijswijk, Stenenheul, Uitwijk, Uppel, Waardhuizen, Woudrichem (stad) en Zandwijk.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die voormalige munisipaliteit

Kategorie:Altena Kategorie:Voormalige munisipaliteite in Noord-Brabant Kategorie:Nedersettings in Noord-Brabant Kategorie:Stede in Nederland