duimnael|links|Klein-Hangklip aan die oostekant van Valsbaai, soos uit Rooiels gesien Rooiels is 'n vakansieplek aan die oostekant van Valsbaai, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is in Junie 1948 tot dorp verklaar en is 5 km noord van Pringlebaai geleë. Die dorp is na 'n plaas en rivier met dieselfde naam vernoem.

Die R44-hoofpad gaan deur die dorp. Potvisse word dikwels langs die kuslyn opgemerk.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels Rooiels op Wikivoyage se webtuiste

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap