Die Thembisile Hani Plaaslike Munisipaliteit is een van die Plaaslike Munisipaliteite in die Nkangala-distriksmunisipaliteit in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is die tweede grootste plaaslike munisipaliteit in die voorgenoemde distrik en is na die anti-apartheidsaktivis Chris Hani vernoem.
Doelwitte van die munisipaliteit is onder meer verbeterde watervoorsiening. Hiervoor is infrastruktuurprojekte soos die Loskopstreeks-grootmaatwatervoorsieningskema, in kombinasie met die die Mathysensloop-aanvullingpompstasie, van stapel gestuur. Benewens grootmaat watervoorsiening, word die sleuteldoelwitte gesien as onderhoud van paaie en stormwater, omgewingsbestuur, finansiële lewensvatbaarheid en sosio-ekonomiese ontwikkeling. Die munisipaliteit het finansiële veerkragtigheid tydens die Covid-19-pandemie getoon.
Die plaaslike ekonomie word deur landbou, mynbou en vervaardiging ondersteun.
Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit sluit in: Kwaggafontein KwaMhlanga Tweefontein
Kategorie:Plaaslike Munisipaliteite in Mpumalanga