Sheepmoor is 'n klein dorpie in die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit in Gert Sibande-distriksmunisipaliteit van Mpumalangaprovinsie, Suid-Afrika. Volgens die 2011-sensus het die nedersetting 'n bevolking van 2,727 gehad, waarvan 27 (1%) Blankes was.
Die spoorwegstasie op Sheepmoor is belangrik vir treinverkeer op die steenkoolhooflyn. Die stasie het ongeveer vyf sylyne waar treine mekaar kan verbygaan op pad na Richardsbaai se steenkoolterminaal.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga