Die Bergrivierdam is 'n dam in die Bergrivier naby Franschhoek in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dam is in 2008 voltooi. Dit het 'n oppervlakte van 537 ha agter 'n wal wat 68 m hoog is. Die bakmaat van die dam is 130 miljoen m3.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, In 2023 is die kapasiteit vasgestel op 127,1 miljard liter.

Die dam vorm die middelpunt van die Bergrivierdamprojek. Die projek is ontwerp om winterreën op te vang, te stoor en dit gedurende die droë somermaande aan Kaapstad te lewer.

Galery

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bron Die Suid-Afrikaanse Gids: feite en wenke. Isabel Uys. 2009.

Verwysings

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap