Sifiso Nhlapo (gebore 13 Mei 1987 te Soweto, Johannesburg) is Suid-Afrika se bekendste BMX-ryer. Sy prestasies het baie gedoen om BMX onder die swart bevolking van Suid-Afrika bekend te stel.

Hy het Suid-Afrika tydens die Olimpiese Spele van 2008 verteenwoordig. Sy beste internasionale prestasie is 'n derde plek tydens die 2008 BMX wêreldkampioenskap. Sifiso ry tans vir die MTN-span.BMX-ster beseer twee nekwerwels toe hy tydens oefensessie hard val, Beeld, 26 Junie 2009.

Verwysings

Kategorie:Fietsryers Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse fietsryers