duimnael|regs|170px|Laurens Meintjes.
Laurens Schmitz Meintjes (Aberdeen, Kaapkolonie, 9 Junie 1868 – Potgietersrus, 30 Maart 1941) Ensiklopedie van Suidelike Afrika – Eric Rosenthal 1967 was 'n Suid-Afrikaanse fietsryer. Hy betree reeds op jeugdige ouderdom die fietsrytoneel deur menige (SA) titels te verower. Dit bereik 'n hoogtepunt met sy verowering van die 100 km-wêreldkampioenskapstitel tydens die World's Fair in Chicago in 1893. Hy het later nog 16 wêreldrekords opgestel.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy geveg as 'n kaptein vir die Cape Town Highlanders.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse fietsryers Kategorie:Fietsryers Kategorie:Geboortes in 1868 Kategorie:Sterftes in 1941