duimnael|400px|Lande met Paasmaandag as 'n vakansiedag in geel

Gesinsdag is die Maandag ná Paasfees. Die dag staan ook as Paasmaandag of Tweede Paasdag bekend en word algemeen in Christelike lande as 'n openbare vakansiedag waargeneem. Nes Welwillendheidsdag (Kersfees) en Pinkstermaandag vorm Gesinsdag die tweede dag van een van die Christendom se belangrikste feeste.

Gesinsdag word onder andere in die lande Andorra, Australië, België, Denemarke, Duitsland, Finland, Frankryk, Hongarye, Italië, Ierland, dele van Kanada, Kroasië, Letland, Liechtenstein, Luxemburg, Monaco, Nieu-Seeland, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, San Marino, Swede, dele van Switserland, Slowenië, dele van Spanje (behalwe vir Andalusië), Suid-Afrika, Tsjeggië, die Verenigde Koninkryk, Ysland en ander lande van die Britse Statebond as 'n openbare vakansiedag waargeneem.

In die Oosters-Ortodokse Kerk duimnael|Seën met heilige water tydens 'n optog in die Oosters-Ortodokse Helder Week (hier in Rusland) In beide die Oosters-Ortodokse Kerk en Rooms-Katolieke Kerke volgens die Bisantynse Ritus word hierdie dag "Helder Maandag" of "Maandag van Vernuwing" genoem. Die liturgiese dienste, nes tydens die hele Helder Week, is heelwat anders as gedurende die res van die jaar en is soortgelyk aan die liturgiese dienste wat op Paasfees (die Paassondag) gehou word; dit sluit 'n optog volgens die Goddelike Liturgie in; terwyl dit vir elke dag van hierdie week voorgeskryf is, word dit dikwels net op Maandag gehou en dalk die een of ander dag in parogiale kerke, veral in nie-Ortodokse lande. Wanner die feesdag van 'n belangrike heilige, byvoorbeeld Sint Joris, of 'n beskermheilige van 'n kerk of een se naamdag in die Heilige Week op op Paassondag val, word die feesdag op Paasmaandag gevier. Part IV

Die Siries-Ortodokse Kerk herdenk op Paasmaandag al die siele van dié wat gedurende die vorige jaar oorlede is.

In Westerse lande duimnael|Paasmaandag in Portugal Vroeër het die feestlikhede ná Paasfees 'n week van sekulêre vieringe ingesluit, maar gedurende die 19de eeu is dit in die meeste lande na net een dag verminder. Van die tradisionele gebeurtenisse sluit in eierrol en, veral in Rooms-Katolieke lande, die besprinkeling van ander mense met water, wat tradisioneel die dag voorheen tydens die Heilige Mis op Paassondag met heilige water geseën en tuis toe geneem is om die huis en kos te seën.

In Suid-Afrika In Suid-Afrika was die vakansiedag altyd op die tweede Maandag van Julie. Met Wet 3 van 1910 (die Wet op Openbare Feestdagen) en Wet 5 van 1952 (die Wet op Openbare Feesdae) is die eerste Maandag in Augustus tot Koninginsverjaardag verklaar. Met Republiekwording is met Wet 68 van 1961 die dag met Gesinsdag vervang en verskuif na Julie. In 1974 het Gesinsdag as openbare vakansiedag verval.

Die jaar 1961 was toevallig ook wêreldwyd Gesinsjaar. Toe begin die Federale Vroueraad 'n fondsinsamelingsveldtog vir hul hulpprojekte gemik op hulpbehoewende gesinne. Die projek het bestaan uit die verkoop van "gesinsseëls" wat vir publisiteit langs 'n posseël geplak kon word.

Datums duimnael|Toneel uit die Evangelie volgens Lukas 24,13: in Emmaus erken die twee dissipels Jesus toe hy brood breek (olieverfskildery deur Abraham Bloemaert in 1622) Die datum van Gesinsdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Gesinsdag op die dag ná Paassondag gehou. Die vroegste moontlike datum volgens die Gregoriaanse kalender is 23 Maart en die laaste moontlike is 26 April. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.

2000–2010 Jaar Weste Ooste 2000 24 April 1 Mei 2001 16 April 2002 1 April 6 Mei 2003 21 April 27 April 2004 12 April 2005 28 Maart 2 Mei 2006 17 April 24 April 2007 9 April 2008 24 Maart 28 April 2009 13 April 20 April 2010 5 April2011–2021 Jaar Weste Ooste 2011 25 April 2012 9 April 16 April 2013 1 April 6 Mei 2014 21 April 2015 6 April 13 April 2016 28 Maart 2 Mei 2017 17 April 2018 2 April 9 April 2019 22 April 29 April 2020 13 April 20 April 2021 5 April 3 Mei2022–2032 Jaar Weste Ooste 2022 18 April 25 April 2023 10 April 17 April 2024 1 April 6 Mei 2025 21 April 2026 6 April 13 April 2027 29 Maart 3 Mei 2028 17 April 2029 2 April 9 April 2030 22 April 29 April 2031 14 April 2032 29 Maart 3 Mei

Sien ook Lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika Goeie Vrydag, die Vrydag voor Paasfees.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Openbare vakansiedae in Suid-Afrika Kategorie:Paasfees