duimnael|Kruisiging van Jesus op die heuwel Golgota net buite die stad Jerusalem duimnael|Jesus se Kruisiging, skildery deur Gabriel Wüger in 1868 duimnael|Ikoon van die Kruisiging, Weliki Nowgorod, Rusland, ca. 1360 duimnael|Ecce Homo ("Aanskou die Man"), 'n Uitbeelding deur Ciseri van Antonio van Pontius Pilatus wat 'n erg gepynigde Jesus van Nasaret voorhou aan die mense van Jerusalem duimnael|'n Tipiese optog op Goeie Vrydag in Rooms-Katolieke lande (hier Quito, Ecuador) duimnael|'n Goeie Vrydag-optog in Stuttgart, Duitsland
Goeie Vrydag is die Vrydag voor Paasfees, dit volg op Wit-Donderdag en word deur Heilige Saterdag opgevolg. Op Goeie Vrydag herdenk Christene die kruisiging en dood van Jesus van Nasaret op die heuwel Golgota net buite die stad Jerusalem. Dit volg nadat die Romeinse goewerneur van die Romeinse provinsie Judea, Pontius Pilatus, Jesus op aandrang van die sanhedrin, die Joodse hoë raad, tot dood veroordeel het.
Die dag word as 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika en verskeie ander lande gedenk. Meeste Christelike kerke hou eredienste om die dag se gebeure te gedenk. Nagmaal word dikwels by sulke dienste bedien. Volgens die Rooms-Katolieke Kerk is Goeie Vrydag 'n streng dag van vas en onthouding. Die dag behoort tot die drie dae van Paasfees (Latyn: Triduum Sacrum of Triduum Paschale), wat met die Heilige Mis voor die laaste Aandmaal op Wit-Donderdag begin, beide Goeie Vrydag en Heilige Saterdag, die dag van die grafvrede insluit, en met die fees van Jesus se opstanding in die Paasnag eindig.
Hierdie drie dae van Paasfees is in al die Christelike strominge die oudste en belangrikste fees van die Liturgiese jaar en word volgens die Pasgageheimenis gevier as een enkele kerkdiens, wat op Wit-Donderdag begin en met die seën op Paasoggend eindig.
Geskiedenis Daar was tot dusver geen fundamentele historiese ondersoek oor Goeie Vrydag nie. ) Goeie Vrydag het sy oorsprong in 'n gebeurtenis wat in die Nuwe Testament van die Bybel beskryf word. Die kruisiging van Jesus van Nasaret op die heuwel Golgota beskryf die evangelis Markus soos volg: "Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het." In die vroeë dae van die Christendom was die dag dus 'n herdenkingsdag. Die eerste Christene het die dag as "Kruisigingspesach", as 'n voorbereidingsdag vir die Paasfees (afgelei van karen vir "voorbereiding"), gehou. Friedrich Gustav Lisco: Das christliche Kirchenjahr. 1840, bl. 23. Teen tye van Tertullianus is net op Goeie Vrydag en Heilige Saterdag, maar rondom 250 is die hele Heilige Week gevas. In 325 is tydens die Eerste Konsilie van Nicea oor die buigsame Romeinse datum van Paasfees beraadslaag. Rakende Goeie Vrydag en Heilige Saterdag het Pous Innocentius I (416) in sy brief aan Decentius van Eugubium oor die kerk in Rome geskryf, dat hier die "vieringe van die sakramente nie nodig is nie" (iduo sacramenta penitus non celebrari). Hartmann Grisar: Das Missale im Lichte Römischer Stadtgeschichte. 1925, bl. 103.
In die Middeleeue het Goeie Vrydag hoegenaamd nie tot die belangrike Christelike feeste soos Paasfees, as fees van Jesus se opstanding, behoort nie, en is net as 'n halwe vakansiedag beskou, waarop die werk net tydens die kerkdiens of tot die middagete onderbreek is. Peter Browe: Die Kommunion an den drei letzten Kartagen. In: Jahrbuch für Liturgiewissenschaft 10, 1930, bl. 64. Ná die Protestantse Hervorming het baie Lutherse kerke die tradisie van 'n halwe vakansiedag bybehou. Zürich se "Ordnung der Feiertage" uit 1526 het die dag nie as 'n vakansiedag beskou nie; volgens Sakse se kerkorde uit 1528 sou Goeie Vrydag "op 'n kleiner manier gehou word". Emil Sehling: Die evangelischen Kirchenordnungen des 16. Jahrhunderts. 1902, bl. 169. In 1532 het Hesse se kerkorde die dag nie meer as 'n vakansiedag gelys nie. Die Lutherse kerke het Goeie Vrydag se belangrikheid egter verhoog, nadat dié dag met die Liturgiese hooffeeste (Kersfees, Paasfees en Pinkster) gelykgestel is, byvoorbeeld in die Oldenburgse kerkorde uit ca. 1573.
As gevolg van Pous Urbanus VIII se reëling oor die feeste in 1642 het Goeie Vrydag 'n gewone werkdag geword, terwyl Martin Luther se "Guter Freitag" ("Kar-" vanaf Latyn carus vir "lief", "goed" of "dierbaar") in die Lutherse Kerk die belangrikste fees geword het. Van die Duitse "Guter Freitag" het in die Engelstalige wêreld Good Friday en in Nederlands Goede Vrijdag geword; laasgenoemde het in Afrikaans tot Goeie Vrydag ontwikkel. In Switserland se hervormde gebiede het Goeie Vrydag eers rondom 1860 'n openbare vakansiedag geword. Walter Heim: Volksbrauch im Kirchenjahr heute. 1983, bl. 82. In Mark Brandenburg het Goeie Vrydag in 1696 'n openbare vakansiedag geword. Philipp Jacob Spener: Consilia et iudicia theologica. Band III, 1709, bl. 759. Die reëling oor die feesdae in 1771 het Goeie Vrydag as 'n volledige vakansiedag erken. Johann Conrad Hinrichs: Realencyclopädie für protestantische Theologie und Kirche. Band 21, 1908, bl. 425. Die Engelse Bank Holidays Act het in Oktober 1871 Goeie Vrydag as 'n openbare vakansiedag goedgekeur.
Datums Die datum van Goeie Vrydag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Goeie Vrydag op die tweede dag vóór Paassondag gehou. Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 20 Maart en die laaste moontlike is 23 April. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.
2000–2010 Jaar Weste Ooste 2000 21 April 28 April 2001 13 April 2002 29 Maart 3 Mei 2003 18 April 24 April 2004 9 April 2005 25 Maart 29 April 2006 14 April 21 April 2007 6 April 2008 21 Maart 25 April 2009 10 April 17 April 2010 2 April2011–2021 Jaar Weste Ooste 2011 22 April 2012 6 April 13 April 2013 29 Maart 3 Mei 2014 18 April 2015 3 April 10 April 2016 25 Maart 29 April 2017 14 April 2018 30 Maart 6 April 2019 19 April 26 April 2020 10 April 17 April 2021 2 April 30 April2022–2032 Jaar Weste Ooste 2022 15 April 22 April 2023 7 April 14 April 2024 29 Maart 3 Mei 2025 18 April 2026 3 April 10 April 2027 26 Maart 30 April 2028 14 April 2029 30 Maart 6 April 2030 19 April 26 April 2031 11 April 2032 26 Maart 30 April
Sien ook Lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika Gesinsdag, die Maandag ná Paasfees.
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Openbare vakansiedae in Suid-Afrika Kategorie:Paasfees