duimnael|links|Die Shona alfabet en die letters se uitspraak Shona (chiShona in Shona) is 'n Bantoetaal, inheems aan die Mashona-stam van Zimbabwe, Suid-Zambië en Mosambiek. Shona bestaan uit 'n aantal dialekte, naamlik Zezuru, Karanga, Manyika, Ndau en Korekore. Sekere taalkundiges beskou Karanga enersyds as 'n taal op sigself, of wend dit aan as 'n omvattende term vir al die variante. Shona is een van die belangrikste tale in Zimbabwe, tesame met Noord-Ndebele en die amptelike besigheidstaal, Engels, en een van die amptelike tale van dié land.

Volgens Ethnologue word die vyf hoofdialekte van Shona deur 10,7 miljoen mense as moedertaal gepraat, wat dit die tweede grootste van die Bantoetale maak. Zoeloe is eerste met 12 miljoen moedertaalsprekers.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Botswana Kategorie:Tale van Mosambiek Kategorie:Tale van Zambië Kategorie:Tale van Zimbabwe