Giyani is 'n groot dorp in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika, en die voormalige hoofstad van die tuisland Gazankulu. Nabygeleë dorpe sluit in Modjadjiskloof en Thohoyandou. In 2011 het die dorp 'n bevolking van 25 954 gehad, waarvan 25 157 (96.9%) Swart was.<ref name="census2011"

Geskiedenis Die dorp het ontstaan as gevolg van die regeringsbeleid van afsonderlike ontwikkeling van die 1970's en 1980's. Dit is ontwikkel as die hoofstad van Gazankulu. Dit is die tradisionele tuiste van die Sjangaan- en Tsongastamme.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in Limpopo