Die Eems (Latyns Amisia, Wesfalies Iems, Noord-Nedersaksies en Nederlands Eems, Saterfries: Oamse, Duits: Ems) is 'n rivier in die noord-weste van Duitsland.
Die rivier ontspring in die Senne naby die kasteel Holte-Stukenbrock in die landsdeel Wesfale, vloei aanvanklik deur die Westfälische Bucht - parallel met die Teutoburger Woud - in noordwestelike rigting en vanaf die landsgrens met Nedersakse, tussen Rheine en Salzbergen, in noordelike rigting tot by sy uitmonding in die Noordsee.
Vanaf die Dollart vorm die Eems-rivier die gedeeltelik omstrede grenslyn tussen Duitsland en die Nederlandse provinsie Groningen. Die Eems mond sowat 27 km rivieraf van Eemden tussen Pilsum en Eemshaven in die Noordsee uit.
Kategorie:Riviere in Duitsland