Du Preez Stoltz is 'n Afrikaanse sanger wat geestelike liedere sing. Sy debuutalbum, Hy Leef In My is in 2010 deur SELECT-musiek vrygestel. Hy is ook deel van die musiekgroep SA se Eie Drie Tenore saam met Phillip Kotze en Chris Coetzer (in Jannie Moolman se plek).
Du Preez het in 1996 aan Hoërskool Welkom Gimnasium gematrikuleer en daarna die graad B.Soc.Sc aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy het aanvanklik begin om teologie te studeer, maar het later na sielkunde oorgeskakel.
Hy is in Desember 2008 met Jana getroud. Hulle het twee dogtertjies.Profiel , besoek op 5 Februarie 2011.
Diskografie Hy Leef In My, 2010 SELECT
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Verwysings
Eksterne skakels Du Preez Stoltz-produksies se webwerf
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense