Die nasionale vlag van Groenland is op 21 Junie 1985 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur met ’n wit baan bo en ’n rooi baan onder. Aan die vlagpaalkant is ’n skyf waarvan die boonste helfte rooi is en die onderste helfte wit.

Simboliek Die wit horisontale baan verteenwoordig die yskap en die fjords word verteenwoordig deur die rooi helfte van die skyf. Die wit helfte van die skyf verteenwoordig die ysberge en die pakys en die rooi horisontale baan verteenwoordig die oseaan.

Ontwerp Die verhouding van die horisontale bane is 6:6, met die middel van die skyf horisontaal in die middel van die vlag en op die verhouding 7:11 van die vlagpaalkant af.

350px|senter|Konstruksietekening

Ander vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Groenland by Flags of the World.

Kategorie:Groenland Groenland