Verna Vels (13 Junie 1933 – 21 Augustus 2014) was ’n Afrikaanse skryfster, radio-omroeper en storieverteller wat veral bekend was as die skepper en stem agter Liewe Heksie, ’n kinderprogram wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is.
Biografie Verna Barbara Robertson Vels is op Reitz in die Vrystaat gebore waar sy haar skoolloopbaan voltooi het. Sy skryf in 1953 vir ’n B.A.-graad aan die Universiteit van Pretoria in en voltooi haar studies in 1954 met drie hoofvakke in Afrikaans/Nederlands, Engels en Kunsgeskiedenis. Vels begin in 1954 by die SAUK se kantore in Durban as omroeper te werk. Sy het die draaiboek geskryf vir die rolprent Lag met Wena: ’n Afrikaanse Filmkonsert. Vir die res van haar professionele loopbaan was sy nou by die radio- en televisiewese betrokke gewees. Sy het Hennie Human na sy uittrede op 31 Desember 1982 by die SAUK opgevolg as direkteur van die destydse TV1 en het die eerste vrou geword wat tot die vlak van senior bestuurder bevorder is. Sy was vir die laaste 12 jaar van haar lewe toesighoudende regisseur van 7de Laan.
Kort voor haar dood is borskanker by Vels gediagnoseer. Sy is in haar slaap in haar huis in Johannesburg oorlede.
Toekennings Sy is op 3 Februarie 2011 tydens kykNET se Fiestas vereer vir haar lewensbydrae tot die Afrikaanse woordkuns.kykNET deel eerste Fiestas uit , Die Burger, 4 Februarie 2011. Die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur is in 2000 aan haar toegeken.
Ander pryse wat haar toegeval het: Federasie van Rapportryers (1985) – Vir die Liewe Heksie-reeks Artes-toekenning (1993) – Vir haar bydrae tot die uitsaaiwese FAK-prys (1996) – Vir die bevordering van die uitvoerende kunste Tienie Hollowaymedalje (2000) – Liewe Heksie en die rekenaar ATKV-kinderboektoekenning (2001) – Liewe Heksie en die rekenaar C.P. Hoogenhout-toekenning (2002) – Liewe Heksie en die rekenaar
Boeke Kinder- en jeugboeke wat sy geskryf het: Liewe Heksie, Human & Rousseau, 1965 Liewe Heksie kom weer, Human & Rousseau, 1965 Liewe Heksie en Matewis, Human & Rousseau, 1968 Liewe Heksie in die pekel, Human & Rousseau, 1969 Liewe Heksie gaan maan toe, Human & Rousseau, 1973 Liewe Heksie vang vis, Human & Rousseau, 1973 Alet, Perskor, 1978 Liewe Heksie en die silwerrroos, Human & Rousseau, 1978 (TV-uitgawe) Liewe Heksie en die sterretjieskombuis, Human & Rousseau, 1978 (TV-uitgawe) Liewe Heksie in die helikopter, Human & Rousseau, 1979 (TV-uitgawe) Liewe Heksie maak ’n plan, Human & Rousseau, 1981 (TV-uitgawe) Liewe Heksie Stories, Human & Rousseau, 1983 (geïllustreer deur Dorothy Hill) Die Groot Liewe Heksie Storieboek, Human & Rousseau, 1983 Liewe Heksie en die rugbywedstryd, Human & Rousseau, 1988 (geïllustreer deur Nikki Jones) Liewe Heksie en die rekenaar en ander stories, Human & Rousseau, 1999 (geïllustreer deur Piet Grobler) Die Liewe Heksie Omnibus, Human & Rousseau, 2002 (geïllustreer deur Piet Grobler)
Stemme op TV Vels was die stem agter die volgende TV-karakters: Wielie Walie: - stem van Bennie Boekwurm. Liewe Heksie: - stem van Liewe Heksie, Blommie kabouter en Matewis die kat. Haas Das hou konsert - stem van Klein Stinkie Muishond.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2014