Karen Meiring is 'n lid van die A cappella-musiekgroep Cutt Glas asook die hoof van DStv se kanale kykNET, kykNet & kie, kykNet Nou!, Koowee en MK.Karen Meiring is kykNET se nuwe baas , Die Burger, 12 Januarie 2009. Sy het Drama aan die Noordwes-Universiteit studeer.Karen Meiring by NWU-alumni

Voor haar aanstelling by DStv was sy die uitvoerende hoof van die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch. Vanaf 1999 tot 2007 was sy die uitvoerende hoof van die KKNK. Sy is sedert 1990 'n lid van Cutt Glas.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici