Petrusville is 'n dorp in die Oos-Karoo, in die Suid-Afrikaanse provinsie Noord-Kaap, suidwes van die Vanderkloofdam. Die dorp is 45 km noord van Philipstown.
Geskiedenis Die dorp is in 1877 deur twee seuns van Petrus van der Walt gestig op die plaas Rhenosterfontein. Hulle het die plaas van hulle vader geërf wat dit op sy beurt in 1810 verkry het. Die NG gemeente Petrusville is twee jaar later hier gestig.
Distrik Merinoboerdery is belangrik vir die plaaslike enonomie.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap