duimnael|regs|200px|P.J. Olivier, administrateur van Kaapland, na wie die skool genoem is. duimnael|links|270px|Die ingang na die skool.
Die Hoërskool P.J. Olivier is 'n gekombineerde, Afrikaanse staatskool in Grahamstad wat in 1956 gestig is as enigste Afrikaansmediumskool in die oorwegend Engelse stad met sy roemryke Engelsmediumskole.
Die skool het 'n koshuis, Huis W.E.G. Louw, genoem na die Afrikaanse skrywer en indertydse lektor in Afrikaans en Nederlands aan Rhodes-universiteit en broer van die Afrikaanse skrywer N.P. van Wyk Louw. Hy het self die hoeksteen van die gebou op 2 Maart 1956 gelê.Artefacts.co.za
Die skool bied onderrig van gr. R tot gr. 12 aan. Dit is genoem na die destydse administrateur van Kaapland, P.J. Olivier.
Verwysings
Eksterne skakels Die skool se webtuiste Fire guts labs at Hoërskool P.J. Olivier in Grocott's Mail, 28 Februarie 2012 PJ Olivier‘s past and present celebrate in Grocott's Mail, 7 Augustus 2009
Kategorie:Grahamstad Kategorie:Skole in die Oos-Kaap