Hierdie artikel handel oor die manskriekettoernooi. Vir die artikel oor die vrouekriekettoernooi, sien Vrouekrieketwêreldbeker.

Die Krieketwêreldbeker is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die EDI-krieketwêreldkampioen te bepaal. Dié toernooi is die belangrikste en bekendste in internasionale krieket. Die kompetisie is een van die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld, saam met die Sokker-Wêreldbeker, Olimpiese Somerspele en Rugbywêreldbeker. Die Krieketwêreldbeker 2019 was die mees gesiene krieketwêreldbekertoernooi tot dusver met wêreldwyd 2,6 miljard televisiekykers, gevolg deur die vorige Krieketwêreldbeker 2015 met sowat 2,2 miljard wêreldwyd. Veral die wedstryde tussen die aartsvyande Indië en Pakistan lok gewoonlik sowat een miljard televisiekykers wêreldwyd en geniet baie aandag.

duimnael|links|Al die trofeë in die geskiedenis van die Krieketwêreldbeker duimnael|links|upright|Die trofee waarom nou meegeding word Daar is slegs plek vir 14 (vanaf 2027) spanne om aan die kompetisie deel te neem en spanne moet aan uitdunne deelneem om te kwalifiseer. Die grootste aantal spanne het aan die 2007-toernooi in Wes-Indië deelgeneem, naamlik 16. Engeland het meer toernooie as enige ander nasionale Krieketraad aangebied, naamlik vyf. Vervolgens het Lord’s in Londen met vyf die meeste krieketwêreldbekereindwedstryde tot dusver aangebied, gevolg deur Melbourne-krieketveld in Melbourne met twee.

In die 13 kampioenskappe wat al aangebied is, het ses lande reeds die titel ingepalm. Australië het al ’n rekord van ses keer gewen. Indië en Wes-Indië het al twee keer gewen. Engeland, Pakistan en Sri Lanka het een titel elk ingepalm.

Die eerste krieketwêreldbeker het in 1975 in Engeland plaasgevind. Die mees onlangse toernooi is 2023 in Indië gehou. Die volgende wêreldbekertoernooi sal in 2027 in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië aangebied word. Australië is tans die wêreldkampioen.

Uitslae JaarGasheerland(e)EindstrydplekEindstrydWennerUitslagNaaswennerDeelnemende lande1975OorsigLord’s, Londen,Verenigde Koninkryk291/8 (60 boulbeurte)Wes-Indië wen met 17 lopiesTelkaart274 (58.4 boulbeurte)81979OorsigLord’s, Londen,Verenigde Koninkryk286/9 (60 boulbeurte)Wes-Indië wen met 92 lopiesTelkaart194 (51 boulbeurte)81983OorsigLord’s, Londen,Verenigde Koninkryk183 (54.4 boulbeurte)Indië wen met 43 lopiesTelkaart140 (52 boulbeurte)81987OorsigEden Gardens, Kalkutta,Indië253/5 (50 boulbeurte)Australië wen met 7 lopiesTelkaart246/8 (50 boulbeurte)81992OorsigMCG, Melbourne,Australië249/6 (50 boulbeurte)Pakistan wen met 22 lopiesTelkaart227 (49.2 boulbeurte)91996OorsigGaddafistadion, Lahore,Pakistan245/3 (46.2 boulbeurte)Sri Lanka wen met 7 paaltjiesTelkaart241/7 (50 boulbeurte)121999OorsigLord’s, Londen,Verenigde Koninkryk133/2 (20.1 boulbeurte)Australië wen met 8 paaltjiesTelkaart132 (39 boulbeurte)122003OorsigWanderersstadion, Johannesburg,Suid-Afrika359/2 (50 boulbeurte)Australië wen met 125 lopiesTelkaart234 (39.2 boulbeurte)142007OorsigKensington-ovaal, Bridgetown,Barbados281/4 (38 boulbeurte)Australië wen met 53 lopies (D/L)Telkaart215/8 (36 boulbeurte)162011OorsigWankhedestadion, Mumbai,Indië277/4 (48.2 boulbeurte)Indië wen met 6 paaltjiesTelkaart274/6 (50 boulbeurte)142015OorsigMCG, Melbourne,Australië186/3 (33.1 boulbeurte)Australië wen met 7 paaltjiesTelkaart183 (45 boulbeurte)142019OorsigLord’s, Londen,Verenigde Koninkryk241 (50 boulbeurte)15/0 (Superboulbeurt)23 viere, 3 sesseEngeland wen volgens aantal grenshoueTelkaart241/8 (50 boulbeurte)15/1 (Superboulbeurt)14 viere, 3 sesse102023OorsigNarendra Modi-stadion, Ahmedabad,Indië241/4 (43 boulbeurte)Australië wen met 6 paaltjiesTelkaart240 (50 boulbeurte)102027Oorsig142031Oorsig14

Statistiek Groepfase (VR), Gekwalifiseer (G)Kwarteindrondte (KE), Super 6 (S6) of Super 8 (S8)Halfeindrondte (HE)Naaswenner (2)Wenner (1)nie 'n lid van die IKR nie

duimnael|400px|Beste uitslae van deelnemende lande en gashere duimnael|400px|Wenner van die Krieketwêreldbeker

SpanKWB 1975KWB 1979KWB 1983KWB 1987KWB 1992KWB 1996KWB 1999KWB 2003KWB 2007KWB 2011KWB 2015KWB 2019KWB 2023KWB 2027KWB 2031Deelnames VRVRVR 3 2VRVR1VR2111KE1HE1 13 VRVRS8VRKEVRVRG 6 VR 1 HE2HE22KEVRVRS8KEVR1VR 13 S8VRVR 3 VRVR1HEVRHES62VR1HEHE2G 13 VRVRVRVR 4 VRVRHEVRVR 5 VR 1 VRVRVRVRVR 5 HEHEVRVRHEKEHES6HEHE22HE 13 VR 1 VRHEHEHE1KE2VRVRHEKEVRVR 13 VRVRVR 3 VRVRVRVRVR1VRHE22KEVRVR 13 HEKEHEVRHEKEHEVRHEG 9 VRVR 2 112VRVRHEVRVRS8KEKEVR 12 VRVRVRVRS6S6VRVRVRG 9 Deelnemers 8 8 8 8 9 12 12 14 16 14 14 10 10 14 14

Eerste deelnames JaarSpanne1975, , , , , , , 197919831987geen19921996, , 1999, 20032007, 2011geen20152019geen2023geen20272031

Sien ook

Vrouekrieketwêreldbeker Kampioenetrofee, vir EDI-krieket o/19-krieketwêreldbeker, vir juniorspelers T20I-wêreldbeker, vir T20I-krieket Wêreldtoetskampioenskap, vir toetskrieket

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Krieketwêreldbeker Die IKR se amptelike webwerf