San Jose 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px Kalifornië County 20px Santa Clara Koördinate  Gestig op 29 November 1777 Geïnkorporeer op 27 Maart 1850 Oppervlakte:    - Totaal 469,78 vk km  Hoogte bo seevlak 26 m  Bevolking:    - Totaal (2024) 997 368  - Bevolkingsdigtheid 2 194/vk km  - Metropolitaanse gebied 2 000 468 Tydsone PST (UTC -8) Somertyd PDT (UTC -7) Klimaat    - Tipe Mediterreense klimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 16,9 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 10,4 / 22,5 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 383 mm Burgemeester Chuck Reed Amptelike webwerf sanjoseca.gov

San Jose (Engels: [sæn hoʊˈzeɪ, -ˈseɪ], ; Spaans: San José, [saŋ xoˈse]) is 'n groot stad in die weste van die deelstaat Kalifornië in die Verenigde State en is op 29 November 1777 deur Spanjaarde as El Pueblo de San José de Guadalupe gestig. Die stad het in 2024 'n bevolking van 997 368 en van 2 000 468 in die metropolitaanse gebied gehad en beslaan 'n oppervlakte van 469,78 km². San Jose is vernoem ná Josef van Nasaret (José de Nazaret), die pa van Jesus Christus.

duimnael|links|'n Uitsig oor San Jose soos vanaf die suide gesien duimnael|links|Die Sint Joseph-basilika duimnael|links|San Jose omstreeks 1875 San Jose is ná Los Angeles en San Diego die derde grootste stad van Kalifornië. Die stad word beskou as hoofstad van die nuiwerheidsgebied Silicon Valley en is geleë naby die Stille Oseaan net suidoos van San Francisco. San Jose is die setel van die County Santa Clara.

Sedert die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog in 1846/1848 maak San Jose saam met Kalifornië deel uit van die grondgebied van die Verenigde State en is op 27 Maart 1850 as eerste stad in die deelstaat geïnkorporeer. In hierdie tydperk het die stad as eerste hoofstad van die deelstaat Kalifornië gedien.

San Jose was een van die gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 1999.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Kalifornië