duimnael|regs|200px|Laurel en Hardy, een is brandmaer en die ander een spekvet.

Intensiewe vorme of intensiewe adjektiewe, vroeër bekend as versterkte vorme, is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Intensiewe vorme word gebruik om 'n sin trefkrag te gee en die taal op te kikker. 'n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme gewoonlik vas (as een woord) geskryf, met enkele uitsonderings, byvoorbeeld wawyd oop en nugter wakker.

Afrikaans Stand Die tale wat ons praat (2018) som die stand van intensiewe vorme in Afrikaans so op:Fourie, D. (sames.); Luther, J. & Pheiffer, F. (reds.). 2018. Die tale wat ons praat: Taaldinge uit die gewilde radioprogram. Kaapstad: Penguin Books, pp. 80-81

Eienskappe

Intensiewe vorme word dikwels gevorm deur die volgende konstruksiesEksteen, L.C. 1984. Die Afrikaanse woordeskat. In: Botha, T.J.R. (red.). Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Academica, bl. 159

Woordsoortelike korrelate Voorbeeld (i) Byvoeglike naamwoord (b.nw.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.) blinknuut, blinkvet, dolbly (ii) Selfstandige naamwoord (s.nw.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.) kniediep, toringhoog, fluweelsag, koeëlrond, glashelder, snaarstyf, asvaal, koolswart, broodnodig, moddervet, sopnat (iii) Werkwoord (ww.) + byvoeglike naamwoord (b.nw.) skreeupers, skokpienk, troetelsag, stikwarm, gloeiwarm

Nietemin kan niks in die skrywer se pad staan om met digterlike vryheid eie intensiewe vorme te skep wat alle reëls oorskry nie, soos:

Witwarm-bloedstollend-dring-in-sy-vleis-seer - Uit: Ballade vir 'n Enkeling, 2014, Leon van Nierop, Kaapstad: Tafelberg, bl. 412

Hoewel aangevoer word dat intensiewe vorme van die adjektief normaalweg geen graadtrappe het nie (soos beeldskoon, waarvan *beeldskoner en *beeldskoonste onmoontlik is),Carstens, W.A.M. 2003. Norme vir Afrikaans: Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans. Vierde uitgawe. Van Schaik Uitgewers, bl. 82-83 is daar wel by plankdun, spierwit en stokoud slegs die stellende en oortreffende trap aangeteken:Ponelis, F. 1973. Grondtrekke van die Afrikaanse sintaksis. Pretoria: J.L. Van Schaik, bl. 99

plankdun – plankdunste spierwit – spierwitste stokoud – stokoudste

Gewoonlik is daar nie 'n vergelykender trap nie:Eksteen, L.C., Van der Walt, C.P & Van Aardt, C.P. 1973. Taalkunde vir die middelbare skool. Pretoria: Voortrekkerpers, bl. 97 pikswart – pikswartste horingoud – horingoudste goudgeel – goudgeelste

Gedeeltelike reduplikasie is ook moontlik, solank 'n koppelteken toegevoeg word:Carstens, W.A.M. 2003. Norme vir Afrikaans: Enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans. Vierde uitgawe. Van Schaik Uitgewers, bl. 219

Hy is hond-hondmak. Die grond is klip-kliphard. Die sakeman is skat-skatryk. Hy is spier-spierwit en sy oë is so groot soos pierings gerek.Pieterse, R. 1985. Die Koningin van Skeba se tydmasjien. Pretoria: Daan Retief Uitgewers. p. 40

Soms word die intensiewe vorm selfs verder intensiveer met die aanvangskomponent morsdood- of ander verbindings:

morsdood + moeg → morsdoodmoegPieterse, R. 1985. Die Koningin van Skeba se tydmasjien. Pretoria: Daan Retief Uitgewers. p. 5: Tog is hulle al drie morsdood moeg toe oom Charles uiteindelik die bak se agterste klap opslaan en hulle die pad terug huis toe vat. morsdoodbang, morsdoodgedaan, morsdoodsiek, morsdoodstil, morsdoodverlief en morsdoodvervelig is verdere voorbeeldeWAT blind + helderverlig → blindhelderverligLeroux, E. 1962. Sewe dae by die Silbersteins. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 14: 'n Ligte tikkie op die deur, 'n aankondiging dat die gaste reeds vergader het en Henry vind sy weg na die getransformeerde voorkamer, wat blindhelder verlig, 'n bewegende mensheid bevat.

g=== Voorbeelde === 'n Aantal voorbeelde van intensiewe:

af – morsaf, regaf, pylregafLouw, A.M. 1999. Vos. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 77: Hy fluit teen die reën in, maar dit val soos dit wíl: dán skuins, dan pylregaf. agter – heelagter agteroor – rûensagteroor alleen – stokalleen, stoksielalleen,Rabie, J. 1982. 'n Boek vir Onrus. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 68: Ek dink nou ook aan Johanna Goodall wat na haar man se dood stoksielalleen in 'n huis anderkant die ewe eensame Cecil Higgs gewoon het.Meyer, Deon. 2009. Karoonag en ander verhale. Kaapstad: Human & Rousseau. bl. 217: "Stoksielalleen." moedersielalleen, moederstoksielsaligalleen, vingeralleen, doodalleen, Le Roux, T.H.; Pienaar, P. de Villiers . 1945. (1971-druk) Uitspraakwoordeboek van Afrikaans. Pretoria: J.L. van Schaik, bl. 54 Hoflikheidswaarskuwing: 14,12 MG groot. sielalleen, stoksielsaligalleen, mensalleen,Meiring, Rouxnette. 2018. Snak: ||Hui !Gaeb Boek 2. Kaapstad: Tafelberg. p. 197: Ek het gedink ek is mensalleen oor met die vlese, die visse, die katte en die voëls van die aarde, vir altyd en altyd. vroualleen, manalleen, skepsel-alleenGrové, H. 1983. Die kêrel van die Pêrel of Anatomie van 'n leuenaar: drie vertellings waarin die liefde ter sprake kom. Kaapstad: Tafelberg, 56: En wat gebeur met hul vrouens so skepsel-alleen by die huis? arm – brandarm, doodarm,De Stadler, L.G. 1994. Groot tesourus van Afrikaans. Halfweghuis: Southern Boekuitgewers. straatarm, bedelarm, blêrarm, bloedarm bang – dood(s)bang,Aspe, Pieter. 2013. Die kinders van Chronos. (Vertaal deur Wium van Zyl). Pretoria: LAPA Uitgewers. bl. 112: Linda reageer beswaarlik. Sy is doodbang.Aspe, Pieter. 2013. Die kinders van Chronos. (Vertaal deur Wium van Zyl). Pretoria: LAPA Uitgewers. bl. 236-237: Soos die meeste mense met 'n drankprobleem is sy doodbang om in 'n hospitaal opgeneem te word, want daar is alkohol en sigarette taboe. vrekbang, yskoudbang,Springbokradio se ‘Wolwedans’ word fliek : My Broer se Bril, Die Vlindervanger en Weerskant van die nag het riller-elemente gehad, maar nie werklik ’n rillerstorie wat ’n mens yskoudbang laat word nie.” skytbang en broekskytbang (obseen), siekbang,Van Blerk, H.S. 2008. Braakland van die bose. Pretoria: Protea Boekhuis. bl. 27: "Ai, Oom!" Naas is opeens siekbang. sissiebang,Stander, Carina. 2004. Kleurblind. In: Cochrane, Neil (samest. & red.). Braaivleis in die bos en ander verhale. Pretoria: Aktuapers, bl. 57: Ek het skuldig gevoel oor ek al sewentien is en sissiebang vir die storm. haasbang,Grové, H. 1983. Die kêrel van die Pêrel of Anatomie van 'n leuenaar: drie vertellings waarin die liefde ter sprake kom. Kaapstad: Tafelberg, 118: Dokter: Bog, man, sy was net haasbang. lambang,Green, M. 1998. Geheime Dossiere: Nagbewegings. Midrand:Perskor, bl. 137: Jantjies was ook nie bereid om enigiets anders as dít te sê nie. Om die waarheid te sê, hy het gesukkel om daadie enkele woord uit te kry. En toe hy dit regkry, was dit bloot 'n hees preweling. Dit was asof hy lambang was. hondbang bedaard – doodbedaardRadlof, G. 1999 (1957). Oloff die Seerower, #1: Die swaardvegter. Pretoria: Fundi, pp. 30: "Ek weier om te gaan voordat ek weet wat die rede vir jul belaglike optrede is," antwoord Oloff doodbedaard, maar sy stem sny die stilte. bederf/bedorwe – diepbedorweWAT: Ja, sondaars is ons, diepbedorwe (Ges. 155:2) bedroef – diepbedroef bedrywig – miernesbedrywigGoosen, H. 1989. Ontwerpers vir die praktyk. Suid-Afrikaanse Panorama, Julie, p. 10: Die Y-ontwerperskool in Mamelodi, 'n miernesbedrywige Swart dorp vlakby Pretoria, lei eersteklas bou-ontwerpers op. bekend – alombekend,Marais, Danie (samest.). As almal ver is: Suid-Afrikaners skryf huis toe. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers, bl. 11: En so was dit ook metAs almal ver is - toe ek met mense begin praat en die eerste bydraes ontvang, was dit vinnig duidelik dat die redes hoekom baie mense en gesinne hulle goed wil vat, eintlik alombekend en voor die hand liggend is. doodbekend, wêreldbekend,Meyer, Deon. 2009. Karoonag en ander verhale. Kaapstad: Human & Rousseau. bl. 106: Nie as jy klaar skatryk en wêreldbekend is nie. wydbekend bekommerd – doodbekommerdPieterse, R. 1985. Die Koningin van Skeba se tydmasjien. Pretoria: Daan Retief Uitgewers. p. 54: En as hulle terugkom op die aarde, hoe gaan hulle weer by hulle eie tyd uitkom? By hulle ouers, en oom Charles, en hulle broers en susters wat teen dié tyd seker al doodbekommerd oor hulle is. belangrik – lewensbelangrik beledig – doodbeledig belese – blinkbeleseMeiring, J. 2019. Foute, foute, net waar jy kyk. Rapport Weekliks, 30 Junie, bl. 12: Sonder so 'n agent - blinkbelese en markslim - kom die voornemende skrywer nie naby 'n uitgewer nie. bemind – teerbemind,Sadie, Thys. 1982. Reis na die onsigbare wêreld. Pretoria: Folio Uitgewers. bl. 47 alombemindRabie, J. 1982. 'n Boek vir Onrus. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 112: In die dae toe Uys nog die alombeminde "golden boy" was wat in 'n vaarwater medemenslike warmte deur die lewe gepronk het, kon niemand sonder 'n warm laggie oor Uys praat nie. benoud – dood(s)benoud beroemd – wêreldberoemd besig – druk besig, rasend besig,Aspe, Pieter. 2013. Die kinders van Chronos. (Vertaal deur Wium van Zyl). Pretoria: LAPA Uitgewers. bl. 215: "Ek het nie baie tyd nie, Jeroen. Dit is hier rasend besig." dol besigRabie, J. 1982. 'n Boek vir Onrus. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 13: Daardie eerste paar maande toe ons dol besig was met verf en spyker en binnemure uitslaan, om onder meer ook 'n studeerkamer vir my in te ruim, het sy steeds meer 'n ver trek in haar oë gekry en die kos gereeld laat aanbrand. besope – stombesope betyds – doodbetydsFryer, C. 1991. Snelskrif teen die dood. In: Gouws, T. & Roodt, P.H. 1992. Granaat: Eietydse essays. Kenwyn: Jutalit. p. 99: Die dood is doodbetyds. bewoë – diepbewoë bitter – galbitter, alsbitter, alsembitter, aalwynbitter, alweebitter blank – lelieblank, spieëlblank, sneeublank, silwerblank, pêrelblank, melkblankCoetzee, A.J. 1938. Die Afrikaanse Volksgeloof. Amsterdam: N.V. Swets & Zeitlinger. , bl. 61: met hulle melkblanke liggame, hulle onoortreffelike skoonheid, en hulle betowerende sang. bleek – doodsbleek,Rabie, J. 1982. 'n Boek vir Onrus. Kaapstad:Human & Rousseau, bl. 91: Terwyl Nadine doodsbleek kyk na brandende bome wat op een plek tot in die pad neerstort, en Uys sy kop tot binne sy hemp se kraag ingetrek het om nie te hoef sien nie.Meyer, Deon. 2009. Karoonag en ander verhale. Kaapstad: Human & Rousseau. bl. 24: Hy rus sy kop teen die kussing, sy oë toe, sy gesig doodsbleek. wasbleek,Meyer, Deon. 2009. Karoonag en ander verhale. Kaapstad: Human & Rousseau. bl. 22: Hy's wasbleek.Swart, Keina. 2014. Bloujaar. Pretoria: Protea Boekhuis, bl. 13: En as mense vra wat gaan aan, draai die hele storie maar altyd weer by die wasbleek en yskoue Antonie alleen daar in sy kis.Radlof, G. 1999 (1957). Oloff die Seerower, #2: Die Seewraak. Pretoria: Fundi, pp. 37: Sy gesig word wasbleek. fletsbleek,Soos verskyn op bl.122 van Die heidendogters jubel, Riana Scheepers, 1995: Sy is fletsbleek. geelbleek,Van Blerk, H.S. 2008. Braakland van die bose. Pretoria: Protea Boekhuis. bl. 170: Kotie het geelbleek en uitgewas met hol wange en groot oë op die bed gelê. wurmbleek,Rousseau, Leon. 2007. Derde uitgawe. Fritz Deelman en die skepe van Mars. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 40: Fritz kan nie uitmaak of die Marsman vriendelik probeer wees nie, want daar is geen uitdrukking op die wurmbleek gesig nie. asbleek,Rabie, J.S. 2004. Gondel-deuntjie. In: Een-en-twintig plus. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 28: Toe sy die marmertrappe afdaal, skeur die skielike son haar mond tot heftige gebloei in haar asbleek gesig. maanbleek,Rabie, J. 1982. 'n Boek vir Onrus. Kaapstad: Human & Rousseau, bl. 49: Die plant wasbessiestruik lê die duine vas met sy lang ranke wat tot veertig meter wydlangs strek, elk so volgeryg met derduisende maanbleek bessies dat 'n mens dit oplig en soos jy 'n koei melk by die handevol in 'n emmer afstroop. grafbleek, melkbleek, lykbleek blind – stokblind, stekelblind