duimnael|Lande met 'n bevolkingsafname word in rooi aangedui.

Bevolkingsafname kan verwys na die algemene afname in bevolking van enige organisme, maar in hierdie artikel word daar uitsluitlik op die bevolkingsafname van die mens toegespits. Dit is ’n bewoording wat gewoonlik gebruik word om ’n groot vermindering van die menslike bevolking te omskryf.Depopulate – Webster's Online Dictionary Dit kan ingespan word om te verwys na ’n langtermyn neiging van bevolkingspreiding, soos stedelike agteruitgang of landelike ontvolking, maar dit word ook algemeen gebruik om ’n groot vermindering van bevolking weens geweld, siekte of ander rampe na te verwys.Depopulate – yourdictionary.com.

Bevolkingsafname beteken die vermindering met verloop van tyd van 'n betrokke gebied se volkstelling, wat ook bekend staan as ontvolking. Dit kan weens verskeie redes veroorsaak word; onder meer sluit dit ondervervangingsvrugbaarheidskoerse (waar die vrugbaarheidskoers te laag is om ’n gebied se bevolking in die toekoms mee te vervang), beperkte immigrasie, grootskaalse landverhuising, siekte, hongersnood en oorlog in. Die geskiedenis is vol voorbeelde van grootskaalse ontvolking. Vele oorloë, byvoorbeeld, het gepaardgegaan met aansienlike ontvolking. Voor die 20ste eeu was die meeste bevolkingsafname toe te skryf aan siekte, hongersnood en/of emigrasie. Die Swart Dood in Europa, die verspreiding van ouwêreldse siektes na die Amerikas, die tsetsevliegindringing van die Waterbergmassief in Suid-Afrika en die Groot Ierse Hongersnood het almal gewigtige bevolkingsafname tot gevolg gehad. Tans het die Vigspandemie grootliks bygedra tot die afname in die bevolking van party Afrikalande. Minder dikwels sal bevolkingsafname deur volksmoord of massa-uitwissing teweeggebring word; ’n voorbeeld hiervan was onder meer in die 1970’s toe die bevolking van Kambodja onder ’n tydperk van massa-teregstellings, wat deur Khmer Rouge uitgevoer is, gebuk gegaan het.

Gedurende Imperialisme het Europeërs wat na nuwe vastelande getrek het, nie slegs oorlogswapens saamgebring wat grootskeepse verwoesting kon saai nie, maar ook aansteeklike siektes, soos pokke, waarteen die inheemse volke geen weerstand kon bied nie. Hierdie faktore, veral laasgenoemde, het partykeer ’n verwoestende uitwerking op die plaaslike inwoners gehad. Hier volg enkele geskiedkundige voorbeelde van groot ontvolking wat regoor vastelande gewoed het: Die Plaag van Justinianus in Europa en die Midde-Ooste;Population crises and cycles in history . A review of the book Population Crises and Population cycles by Claire Russell and W.M.S. Russell. Die Swart Dood in Europa, Asië en die Midde-Ooste gedurende die Middeleeue; Die impak van die Arabiese en Europese slawehandel op die Afrika-vasteland; Die impak van Europese kolonialisme en die gepaardgaande aansteeklike siektes wat in die Amerikas en Australië versprei is.

Party voorbeelde van ontvolking binne groot gebiede is hoofsaaklik deur oorlog aangevuur, soos: Die Mongoolse verowerings van Sjina, Rusland en die Midde-Ooste; Timoer Lenk se militêre veldtogte in die Midde- en Nabye-Ooste; Die Dertigjarige Oorlog in Europa;

Hongersnood speel ook dikwels ’n rol met die ontvolking van ’n streek, hetsy as gevolg van oorlog, veranderende klimaatstoestande, menslike onbevoegdheid, ensovoorts. Volgens 2002 se verslae deur die Verenigde Nasies se Bevolkingsafdeling en die Verenigde State se Sensusburo, vind bevolkingsafname vandag in party streke plaas. Volgens die VN word ondervervangingsvrugbaarheid verwag in 75% van die ontwikkelde lande teen 2050. Die VS Sensusburo noem dat 74 miljoen mense wat tot die wêreldbevolking in 2002 gevoeg is, minder is as die hoë 87 miljoen mense wat tussen 1989 tot 1990 gebore is. Die jaarlikse groeikoers was 1,2 persent, wat gedaal het van die hoë 2,2 persent in 1963–1964. “Sensusburo-vooruitskattings dui op ’n afplatting in bevolkingsgroei wat in die nabye toekoms sal voortduur,” het die Buro op sy bevindinge van melding gemaak. “Sensusburo se vooruitskattings dui daarop dat die vrugbaarheidskoers in baie lande sal afneem, onder die vervangingsvlak voor 2050... In 1990 het die wêreldbevolking se vroue gemiddeld aan 3,3 kinders oor hul lewensduur geboorte geskenk; teen 2002 was die gemiddelde 2,6 en teen 2009 het dit op 2,5 te staan gekom. Dit is nouliks bokant die wêreldwye vervangingsvrugbaarheidskoers van 2,33. Hierdie daling het gepaardgegaan met ’n afname in die wêreld se bevolkingsgroeikoers en die werklike jaarlikse bevolkingstoename.” Soms word die woord onderbevolking gebesig in die konteks van ’n spesifieke ekonomiese stelsel. Dit verwys nie na drakrag nie (en staan ook nie oorbevolking teen nie), wat te make het met die totale moontlike bevolking wat deur beskikbare voedsel, water, sanitasie en ander infrastruktuur onderhou word. “Onderbevolking” word gewoonlik omskryf as ’n toestand waarbinne ’n land se bevolking só gedaal het dat dit nie meer die huidige ekonomiese stelsel kan volhou nie. Dus het die vakwoord niks met die biologiese aspekte van drakrag mee uit te waai nie, maar is ’n ekonomiese term wat veronderstel dat die oordragpaaiementskemas van party ontwikkelde lande kan vou indien die bevolking verby ’n sekere punt gedaal het. ’n Voorbeeld hiervan kan wees wanneer afgetredenes deur ’n sosiale sekuriteitstelsel ondersteun word, wat nie spaargeld belê nie, en dan ’n skielike emigasiebeweging ontstaan. In hierdie geval word ’n swaar finansiële las op die jonger geslag se skouers gelaai wat moontlik nie daartoe in staat sal wees om die oorgrote meerderheid ouer geslagte te onderhou nie.

Gevallestudies van Spesifieke Lande Vandag is landverhuising en die ondervervangingsvrugbaarheidkoers die hoofoorsake wat aan enige plaaslike bevolkingsafname gekoppel kan word. ’n Sekere aantal lande ondergaan vandag ’n bevolkingsafname, wat vanaf Noord-Asië (Japan) strek, regdeur tot Oos-Europa deur Rusland. Dit sluit Kazakstan, Oekraïne, Wit-Rusland, Moldowa, Estland, Letland, Litoue, Georgië, Armenië, Bosnië, Kroasië, Slowenië, Duitsland, Hongarye en nou ook Italië in. Lande wat vinnig besig is om ’n bevolkingsafname te nader (wat tans stadige groeikoers toon), sluit Griekeland, Spanje, Kuba, Uruguay, Denemarke, Finland, Oostenryk en Lesotho in. Die bevolkings van die voormalige Sowjetrepublieke se daling is weens gesondheidskwessies en ’n lae vervangingsvrugbaarheidskoers, sowel as deur landverhuising van etniese Russe terug Rusland toe. Die uitsondering op die reël is daardie voormalige Sowjetrepublieke met ’n bevolking waarvan die meerderheid Moslems is (Oesbekistan, Turkmenistan, Tajikistan, Kirgisië, Aserbeidjan), waar hoë geboortesyfers tradisioneel voorkom.

Oos-Europa het ’n groot gedeelte van sy bevolking afgestaan tydens die massamigrasie na Wes-Europa. In Oos-Europa en Rusland het die geboortesyfer gedaal na die val van die Sowjetunie en sterftesyfers het oor die algemeen gestyg. Tesame beslaan hierdie lande oor die 21 000 000 km² en is die tuiste vir oor die 400 miljoen mense (minder as ses persent van die wêreldbevolking), maar sou hierdie neiging egter voortduur, sal meer van die ontwikkelde en sommige van die ontwikkelende lande dieselfde paadjie loop.

Baie lande in Wes-Europa (en die EU as geheel) sou ’n bevolkingsafname getoon het, was dit nie vir internasionale migrasie nie. Die totale bevolking van die Europa, as vasteland, (insluitend Rusland en ander lande wat nie aan die EU verbonde is nie) het alreeds sy hoogtepunt in die jaar 2000 bereik en is tans besig om te daal. Die totale Japannese bevolking het sedert 2005 begin daal; Japan se geval kan toegeskryf word aan die lae vrugbaarheidskoerse en ’n baie lae immigrasiekoers.

Vigs speel ’n rol in bevolkingsafname. Die beskikbare data dui egter daarop dat, selfs met ’n hoë vigssterftesyfer, die vrugbaarheidskoerse in Afrikalande steeds hoog genoeg is sodat die neiging tot oorbevolking voortduur.

+ Tabel:1 Bevolkingsafname in Persentasie per Land (uit verskeie bronne)LandJaarBevolkingKoers van natuurlike afnamepersentasiegewysHoofrede vir Afname2009 2 967 0040,03landverhuising20099 648 5330,378afname van geboortes en lewensverwagting20097 704 6870,79afname van geboortes en lewensverwagting20094 489 4090,052afname van geboortes200910 211 9040,094afname van geboortes20091 299 3710,632afname van geboortes20094 615 8070,325landverhuising200982 329 7580,053afname van geboortes200958 126 2120,047CIA World Factbook--Italy CIA World Factbook Besoek op 6 Oktober 2009afname van geboortes200910 031 0000,257afname van geboortes en lewensverwagting2009127 078 6790,191afname van geboortes20092 231 5030,614afname van geboortes en lewensverwagting20093 555 1790,279afname van geboortes en lewensverwagting2009111 0000,238landverhuising20094 320 7480,079afname van geboortes en lewensverwagting2009672 1800,851200938 482 9190,047afname van geboortes200922 215 4210,147afname van geboortes2009141 927 2970,177afname van lewensverwagting20092 005 6920,11320091 123 9130,459MIV/vigs20091 229 9530,102landverhuising200945 700 3950,632afname van geboortes en lewensverwagting200812 521 0000,787MIV/vigs en landverhuising

Ekonomiese Gevolge Die uitwerking van ’n kwynende bevolking kan teenspoedig op ’n ekonomie inwerk wat veral op die jonger geslagte gesteun het. Kwynende bevolkings wat die ekonomie steun kan lei tot deflasie, wat uiteenlopende gevolge kan hê. Rusland, wat se ekonomie skielik gegroei het (8,1% in 2007), selfs al is sy bevolking aan die afneem, het egter tans ’n hoë inflasiekoers (12% sedert 2007). CIA World Factbook--Russia [CIA World Factbook] Besoek op 14 November 2008 ’n Landbou- of mynbou-ekonomie se algemene lewensstandaard vir ’n dalende bevolking, ten minste wat betref materiële eiendom, sal ’n stygende neiging toon soos die hoeveelheid grond en hulpbronne per persoon sal meer word. Vir ’n nywerheidsekonomie is dit ’n ander saak. Dit kan juis die ekonomie teenwerk wat voortgebou het op die verbande, skuld en aftreepaaiemente wat oorspronklik belastinginvordering verhoog het uit die voortdurende uitbreiding van die bevolkingsbasis (bv. daar sal minder belastingbetalers wees indien ’n bevolkingsafname sal opduik). Hoe dit ook sal sy, die lewensstandaard loop nie noodwendig hand aan hand met lewensgehalte nie, wat juis kan toeneem weens die daling in die getal mense omrede daar minder besoedeling en verbruik sal wees van natuurlike hulpbronne, asook ’n verligting van maatskaplike druk en oorbenutting van hulpbronne wat kenmerkend is van oorbevolking. Daar kan ook verminderde druk op infrastruktuur, onderwys en ander dienste wees. Die tydperk net ná die Swart Dood, byvoorbeeld, was een van groot vooruitgang, want mense het somme geld uit verskeie familielede geërf. Hierdie gebeurtenis kan egter nie met die hedendaagse geleidelike bevolkingsafname vergelyk word nie, omrede dit binne ’n kort tydsduur plaasgevind het en opgevolg is met bevolkingsaanwas. Voorspellings rakende die netto ekonomiese (en ander) uitwerkings deur ’n stadige en deurlopende bevolkingsafname (bv. as gevolg van ’n lae vrugbaarheidskoers) is hoofsaaklik teoreties van aard omrede so ’n verskynsel redelik nuut en ongekend is. ’n Bevolkingsafname deur ’n lae vrugbaarheidskoers sal ook uitloop tot ’n verouderde bevolking, wat probleme vir ’n gemeenskap kan oplewer. Dit kan die lewensgehalte van die jongmense negatief beïnvloed, omrede hulle onder ’n stygende maatskaplike en ekonomiese druk verkeer in die sin dat hulle die per-kapita opbrengs moet vermeerder om sodoende ’n duur infrastruktuur en intensiewe sorg vir die oudstes onder die bevolking te onderhou, pleks daarvan om vir die ouere en toekomstige gesinne te beplan, wat hierdeur dus verder die vermeerdering van die bevolking in die wiele sal ry.