Schalk Willem Burger (6 September 1852 – 5 Desember 1918) was 'n Suid-Afrikaanse militêre leier, advokaat en politikus en was die waarnemende President van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) van 1900 tot 1902, terwyl Paul Kruger in ballingskap in Europa was.Nathan, Manfred (1937). The Voortrekkers of South Africa: From the Earliest Times to the Foundation of the Republics. Gordon and Gotch, ltd.
Militêre diens duimnael|links|upright|Schalk Willem Burger Hy het in 'n aantal veldslae diens gedoen, soos die Sekhukhune-oorlog van 1876, en later gedurende die Eerste Vryheidsoorlog (Eerste Boere-oorlog) van 1881, het hy as waarnemende Veldkornet gedien.
Hy is in 1885 as Kommandant van die Lydenburg Kommando's verkies. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Boere-oorlog) het hy as Kommandant-Generaal in 'n aantal veldslae gedien, insluitend die Slag van Spioenkop en die Slag van Modderrivier, op 30 Oktober 1899.
Politieke loopbaan duimnael|links|Kabinet van Paul Kruger voor 1900: Agter: A.D.W. Wolmarans, F.W. Reitz, S.W. Burger, J.H.M. Koch Voor: Genl. Piet J. Joubert, Pres. Paul Kruger, Genl. Piet A. Cronje As politikus is hy beskryf as "opgevoed en skerpsinnig" en dit is geskrywe dat hy Paul Kruger geëwenaar het in terme van die invloed wat hy oor sy medelandgenote uitgeoefen het.http://www.angloboerwar.com/people/boers/boer_a_b.htm Burger, Vice President Schalk.
As gevolg van 'n siektetoestand, het hy na die Slag van Spioenkop van militêre diens onttrek en het hom weer ten volle op sy politieke loopbaan toegespits. Hy is in 1887 verkies tot die Volksraad, en het later as Voorsitter gedien.
Hy het onder President Paul Kruger as Adjunkpresident gedien, en het later vir Kruger opgevolg as Staatspresident, toe Kruger in ballingskap in Europa verkeer het.
Gedurende die Krygsraad van Mei 1901, was hy 'n groot voorstander van die beëindiging van die oorlog, maar hy is sterk teëgestaan deur President Marthinus Theunis Steyn van die Republiek van die Oranje Vrystaat. Burger het gedien as President van die Zuid-Afrikaansche Republiek tot die Vrede van Vereeniging onderteken is, op 31 Mei 1902.
Hy het in 1918 op sy familieplaas te Goedgedacht, naby Krugerspos, op die ouderdom van 66 gesterf.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van die Zuid-Afrikaansche Republiek Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Boeregeneraals Kategorie:Mense in die Eerste Vryheidsoorlog Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1852 Kategorie:Sterftes in 1918