Die Gekonfedereerde State van Amerika (Engels: Confederate States of America (CSA of C.S.)) was 'n konfederasie van deelstate wat in 1860 en 1861 eensydige onafhanklikheid van die Verenigde State van Amerika (VSA) verklaar het. Die konfederasie, wat tussen 1861 en 1865 bestaan het, is oorspronklik deur sewe sogenaamde Slawestate in die Laer Suide van die VSA gevorm wat deur 'n agrariese ekonomie met katoen as een van die vernaamste uitvoerprodukte en 'n uitgebreide plantasiestelsel met swart slawearbeiders gekenmerk is.

Elkeen van die konfederasie se lidstate het sy onafhanklikheid ná die verkiesing van die Republikeinse presidentskapskandidaat Abraham Lincoln in November 1860 verklaar wat hom in sy verkiesingsveldtog teen die verdere uitbreiding van die slawernystelsel uitgespreek het. Nog voordat Lincoln in Maart 1861 die ampseed afgelê het, het die Slawestate in Februarie van dié jaar hul eie Gekonfedereerde regering geproklameer wat deur die VSA-regering as onwettig beskou is.

Die politieke geskille het in April geëskaleer tot 'n gewapende konflik wat later as die Amerikaanse Burgeroorlog bekend sou staan, terwyl vier verdere Slawestate in die Hoër Suide (Upper South) hul eensydige onafhanklikheid verklaar en by die Gekonfedereerde State aangesluit het. Die Konfederasie het met Missouri en Kentucky later ook twee deelstate as lede erken wat hulle nòg onafhanklik verklaar het van die VSA nòg op enige tydstip van die konflik merendeels deur Gekonfedereerde magte beheer is. In dié twee state het Gekonfedereerde skaduregerings pogings aangewend om die bewind oor te neem, maar is later in ballingskap gestuur.

Geeneen van die politieke besware, wat deur die Gekonfedereerde State as redes vir hul eis op selfbeskikking en sesessie aangevoer is, is deur die Amerikaanse regering (die Unie) erken nie. Terwyl ook geen buitelandse moondheid diplomatieke erkenning aan die Konfederasie gegee het nie, was die Verenigde Koninkryk en Frankryk nogtans bereid om aan die Gekonfedereerde State die status van oorlogsparty ooreenkomstig internasionale reg toe te ken.

Die Amerikaanse Burgeroorlog het op 12 April 1865 met 'n Gekonfedereerde aanval op Fort Sumter begin, 'n militêre vesting van die Unie wat in die hawe van Charleston in Suid-Carolina geleë was. Ná vier jaar se hewige gevegte, wat hoofsaaklik op Gekonfedereerde gebied gevoer is, het alle Gekonfedereerde magte in die lente van 1865 oorgegee en is die Konfederasie ontbind.

Geen formele einde is aan die konflik gebring nie, terwyl feitlik alle Gekonfedereerde magte hulle tot laat in 1865 oorgegee het of ontbind is. Die Gekonfedereerde president Jefferson Davis het later opgemerk dat die Konfederasie in 1865 "verdwyn" het.

Vlae

Deelstate en vlae duimnael| duimnael|Kaart van die Gekonfedereerde State van Amerika duimnael|Evolusie van die Konfederale State, 20 Desember 1860 – 15 Julie 1870 Deelstaat Afskeidings-en Konfederalestaatsvlae InstellingvanAfskeiding ToelatingtotKonfederasie TerugonderUnie-beheer Hertoegelaattot verteenwoordigingin VS-Kongres Suid-Carolina center|border|50px center|border|50px center|border|50px 20 Desember 1860 4 Februarie 1861 1865 9 Julie 1868 Mississippi center|border|60px 9 Januarie 1861 4 Februarie 1861 1863 23 Februarie 1870 Florida center|border|50px center|border|50px 10 Januarie 1861 4 Februarie 1861 1865 25 Junie 1868 Alabama center|border|50px center|border|50px 11 Januarie 1861 4 Februarie 1861 1865 13 Julie 1868 Georgia center|border|50px center|border|50px 19 Januarie 1861 4 Februarie 1861 1865 1ste datum 21 Julie 1868;2de datum 15 Julie 1870 Louisiana center|border|60px 26 Januarie 1861 4 Februarie 1861 1863 9 Julie 1868 Texas center|border|60px 1 Februarie 1861 2 Maart 1861 1865 30 Maart 1870 Virginië center|border|60px 17 April 1861 7 Mei 1861 1865Wes-Virginië:1862 26 Januarie 1870Wes-Virginië:20 Junie 1863 Arkansas geen staatsvlag 6 Mei 1861 18 Mei 1861 1864 22 Junie 1868 Noord-Carolina center|border|60px 20 Mei 1861 21 Mei 1861 1865 4 Julie 1868 Tennessee center|border|60px 8 Junie 1861 2 Julie 1861 1863 24 Julie 1866 Missouri center|border|60px 31 Oktober 1861 28 November 1861 1861 Missouri het indie VS-Kongres gebly Kentucky center|border|60px 20 November 1861 10 Desember 1861 1861 Missouri het indie VS-Kongres gebly

Regering duimnael|upright|President Jefferson Davis duimnael|upright|Adjunkpresident Alexander Stephens Pos Naam RegeerPresident Jefferson Davis 25 Feb 1861–10 Mei 1865Adjunkpresident Alexander Stephens 25 Feb 1861–11 Mei 1865Minister van Buitelandse sake Robert Augustus Toombs 25 Feb 1861–25 Jul 1861Robert Mercer Taliaferro Hunter 25 Jul 1861–22 Feb 1862William Montague Browne 7 Mar 1862–18 Mar 1862Judah Philip Benjamin 18 Mar 1862–Mei 1865Minister van die Tesourie Christopher Gustavus Memminger 25 Feb 1861–15 Jun 1864George Alfred Trenholm 18 Jul 1864–27 Apr 1865John Henninger Reagan 27 Apr 1865–10 Mei 1865Oorlogsekretaris Leroy Pope Walker 24 Feb 1861–16 Sep 1861Judah Philip Benjamin 17 Sep 1861–24 Mar 1862George Wythe Randolph 24 Mar 1862–15 Nov 1862Gustavus Woodson Smith 17 Nov 1862–20 Nov 1862James Alexander Seddon 21 Nov 1862–5 Feb 1865John Cabell Breckinridge 6 Feb 1865–Mei 1865Vlootsekretaris Stephen Russell Mallory sr. 4 Mar 1865–20 Mei 1865Posmeester-generaal John Henninger Reagan 6 Mar 1861–10 Mei 1865Prokureur-generaal Judah Philip Benjamin 25 Feb 1861–17 Sep 1861Wade Keyes 17 Sep 1861–21 Nov 1861Thomas Bragg 21 Nov 1861–18 Mar 1862Thomas Hill Watts 18 Mar 1862–1 Okt 1863Wade Keyes 1 Okt 1863–4 Jan 1864George Davis 4 Jan 1864–24 Apr 1865

Verwysings

Bronne Richard N. Current: Encyclopedia of the Confederacy. 4 Bde., New York 1993. . William C. Davis: Look Away!: A History of the Confederate States of America. New York 2002. William C. Davis: An Honorable Defeat: The Last Days of the Confederate Government. Orlando 2001. .

Eksterne skakels

Documenting the American South Confederate official government documents Confederate History: Son of the South The Constitution of the Confederate States of America

Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika