Die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog (Engels: American Revolutionary War of American War of Independence) was 'n oorlog in Noord-Amerika tussen die 13 kolonies en die Koninkryk van Groot-Brittanje, wat op 19 April 1775 met die Amerikaanse Rewolusie begin het en op 3 September 1783 met die Vrede van Parys geëindig het. Tydens die oorlog is die Verenigde State van Amerika op 4 Julie 1776 gestig, wat Groot-Brittanje later met die Vrede van Parys erken het.
duimnael|links|Ligging van die 13 kolonies in die huidige Verenigde State. duimnael|links|Territoriale uitbreiding van die jonge VSA. Die Amerikaners het geglo dat dit onregverdig is om aan Brittanje belasting te betaal, aangesien hulle geen verteenwoordiging in die Britse parlement gehad het nie. Wedersydse ongelukkigheid het tot die Bostonslagting en die Boston Teeparty aanleiding gegee, wat uiteindelik tot 'n volskaalse rewolusie geëskaleer het. Genl. George Washington het die Amerikaanse magte gelei.
In 1778, 1779 en 1780 het die Europese magte Frankryk, Spanje en Nederland met die ondersteuning van die rewolusie begin, wat die oorlog tot 'n globale konflik verhef het. In Februarie 1782 het Spanje Port Mahon op die eiland Menorca verower, terwyl die Spaanse beleg van Gibraltar misluk het. Groot-Brittanje het in dieselfde jaar die Deense en Nederlandse Goudkus (die huidige Ghana) beset. Daarop het Franse troepe in die Nederlandse Kaapkolonie geland, om tesame 'n Britse aanval af te weer.Sien Geskiedenis van die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika#Tien jaar van kunsmatige welvaart: "Toe Nederland tot die oorlog toegetree het, het die Franse vloot onder Suffren ’n poging van die Britte om die Kaap te verower, verydel." Die poging, om die Rewolusie na die Britse gebiede Florida en Quebec uit te brei, was nie suksesvol nie, maar Spanje het Florida van Groot-Brittanje verower.
Die oorlog is in 1781 beëindig nadat die Britse magte oorgegee het, en in 1783 is die Vrede van Parys onderteken. In hierdie vredesooreenkoms word die gebied van die onafhanklike VSA erken, begrens deur die Britse Kanada in die noorde, die Spaanse Florida in die suide en die Franse gebiede wes van die Mississippirivier. Met 'n wyer internasionale vrede is ander gebiede tussen die Europese magte uitgeruil.
Veldslae van die oorlog Slag van Lexington en Concord Slag van Bunker Hill Slag van Trenton Slag van Princeton Slag van Bennington Slag van Saratoga Slag van Yorktown
Sien ook Amerikaanse Rewolusie Duitse deelname aan die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse Rewolusie Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Geskiedenis van Nederland Kategorie:Geskiedenis van Spanje Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde Koninkryk Kategorie:Oorloë