500px|regs|duimnael|Die Rutte I-kabinet 250px|regs|duimnael|Die drie politieke leiers: Maxime Verhagen (CDA), Mark Rutte (VVD) en Geert Wilders (PVV)
Die Rutte I-kabinet was 'n Nederlandse kabinet wat op 14 Oktober 2010 aangetree het, met as Eerste Minister Mark Rutte (VVD). Die kabinet het bestaan tot 5 November 2012.
Die Rutte I-kabinet wil die immigrasie beperk, die veiligheid verbeter en baie besuinig. Van 2010 tot 2014 wil die kabinet agtien miljard Euro van die begroting verminder.
Die Rutte I-kabinet vorm 'n minderheidskabinet van die regs-liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) met die christen-demokratiese Christen-Demokratiese Appèl (CDA). Deur die populistiese Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders word die kabinet in die parlement amptelik gesteun, maar die PVV dra geen verantwoordelikheid vir sy besluite nie. Die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP) steun die kabinet on-amptelik ook. Die VVD en CDA beskik oor 52 setels in die Tweede Kamer, met die PVV oor 76 setels en met die SGP oor 78 setels. In die Eerste Kamer beskik die kabinet oor 37 setels (dit is inklusief die PVV) en met die SGP oor 38 setels. Hiermee het die kabinet in beide Kamers 'n – baie klein – meerderheid.
Kabinetslede Die Rutte I-kabinet tel twintig lede, tien van die VVD-party en tien van die CDA-party:
+ Twaalf ministers, ses van die VVD-party en ses van die CDA-party: Portefeulje Minister Party Foto Eerste Minister Mark Rutte VVD 100px Binnelandse sake Liesbeth Spies (tot 16 Desember 2011 Piet Hein Donner) CDA 100px Buitelandse sake Uri Rosenthal VVD 100px Ekonomiese sake, landbou en innovasie Maxime Verhagen CDA 100px Finansies Jan Kees de Jager CDA 100px Immigrasie en asiel Gerd Leers CDA 100px Infrastruktuur en omgewingsake Melanie Schultz van Haegen VVD 100px Onderwys, kultuur en wetenskap Marja van Bijsterveldt CDA 100px Sosiale sake en werkgeleenthede Henk Kamp VVD 100px Veiligheid en justisie Ivo Opstelten VVD 100px Verdediging Hans Hillen CDA 100px Volksgesondheid, welsyn en sport Edith Schippers VVD 100px
+ Agt adjunk-ministers (staatssecretarissen), vier van die VVD-party en vier van die CDA-party: Portefeulje Staatssekretaris Party Foto Buitelandse sake Ben Knapen CDA 100px Ekonomiese sake, landbou en innovasie Henk Bleker CDA 100px Finansies Frans Weekers VVD 100px Infrastruktuur en omgewingsake Joop Atsma CDA 100px Onderwys, kultuur en wetenskap Halbe Zijlstra VVD 100px Sosiale sake en werkgeleenthede Paul de Krom VVD 100px Veiligheid en justisie Fred Teeven VVD 100px Volksgesondheid, welsyn en sport Marlies Veldhuijzen van Zanten CDA 100px
Sien ook Lys van kabinette van Nederland
Bronne Kabinet-Rutte I (2010–2012), Parlement.com
Eksterne skakels
Rutte I-kabinet, Rijksoverheid.nl
Kategorie:Kabinette van Nederland