Sint Eustatius (Nederlands: [sɪnt øːˈstaːtsijʏs], ) is 'n Nederlandse eiland in die Karibiese See. Tot in 2010 het Sint Eustatius deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 10 Oktober 2010 'n besondere munisipaliteit binne Nederland.
duimnael|links|Sint Eustatius soos vanaf die Internasionale Ruimtestasie gesien duimnael|links|Kaart van Sint Eustatius duimnael|links|Die dormante vulkaan De Quill (of Die Quill) kan in die verte agter die aanloopbaan van die F.D. Roosevelt lughawe in Oranjestad gesien word Die amptelike taal is Nederlands en die volkstaal is Engels. Die hoofstad en grootste stad is Oranjestad. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 21 km² en het 'n bevolking van 3 242 in 2022 gehad. Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die amptelike geldeenheid.
Etimologie Die naam van die eiland is die Nederlandse naam van Eustachius van Rome, 'n legendariese Christenmartelaar wat in Spaans San Eustaquio en in Portugees Santo Eustáquio of Santo Eustácio genoem word.
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Sint Eustatius se regering