Die Grootvorstedom Moskou (Russies: Великое княжество Московское, Welikoje knjazjhestwo Moskofskoje), of bloot Moskowië (van die Latynse Moscovia),Introduction into the Latin epigraphy (Введение в латинскую эпиграфику) . was 'n vorstedom, of prinsdom, van Kiëf-Roes tydens die laat Middeleeue. Dit was om Moskou gesentreer en was in die vroeë moderne tydperk die voorloperstaat van die Tsaredom Rusland. Dit is regeer deur die Rjoerik-dinastie, wat sedert Kiëf-Roes se stigting die heersers was.

Die staat het ontstaan in 1263, toe die prins van Wladimir-Soezdal, Aleksander Nefski, die grootvorstedom gestig het as erfdeel vir sy seun Daniël I. Moskowië was aanvanklik 'n vasalstaat van die Goue Horde wat heffings aan die khans betaal het en troepe verskaf het vir hulle oorloë.

Moskou het sy moederstaat Wladimir-Soezdal teen die 1320's oorskadu en later verskeie bure geannekseer, insluitende die Republiek Nowgorod in 1478 en die Vorstedom Twer in 1485. Dit het tot 1480 'n vasalstaat van die Goue Horde gebly totdat dit die horde verslaan het, hoewel daar gereeld opstande en verskeie geslaagde veldtogte teen die Mongole was. Een daarvan is 'n opstand wat deur Dmitri Donskoi gelei is teen die destydse leier van die Goue Horde, Mamai, in die Slag van Koelikowo in 1380.Davies, B. Warfare, State and Society on the Black Sea Steppe, 1500–1700. Routledge, 2014, p. 5

Iwan III het die staat in die 43 jaar van sy bewind verder gekonsolideer en veldtogte gevoer teen sy grootste oorblywende teenstander, die Groothertogdom Litaue. Teen 1503 het hy sy ryk verdriedubbel. Iwan se opvolger, Wasili III, het ook militêre suksesse behaal en Smolensk in 1512 van Litaue afgeneem; hy het Moskou se grense tot by die Dnjepr verskuif. Wasili se seun, Iwan IV (later bekend as "Iwan die Verskriklike") is in 1547 gekroon en het die titel "tsaar" aangeneem. Hy het ook die Tsaredom Rusland (Царство Русcкое, Tsarstwo Roesskoje) gestig.

Naam thumbnail|200px|links|Die seël van Semjon I (1340's) lui: "Die seël van die grootvors Semjon van die hele Rusland". thumbnail|200px|links|Die seël van Iwan III (1490's) lui: "Ioan (Iwan), deur God se genade die soewerein van die hele Rusand en die grootvors".

Moskou was in dié tyd ook bekend as die Groot-Hertogdom Moskou.Die titels vors, hertog en prins word onder Engelse invloed soms in Afrikaans afwisselend gebruik. Die Afrikaanse name "Moskou" en "Moskowië" vir die stad, vorstedom en rivier kom van die postklassieke Latyn Moscovia (vergelyk die Russiese Moskowija) en van die Oudslawiese Московь, Moskovĭ."Moscow, n." Oxford English Dictionary (aanlyn). Oxford University Press. Desember 2002. Besoek op 10 Januarie 2021."Muscovy, n." Oxford English Dictionary (aanlyn). Oxford University Press. Desember 2002. Besoek op 10 Januarie 2021. In Latyn is histories ook na die vorstedom verwys as Ruthenia Alba.

Nes die geval was met baie Middeleeuse state, het die land nie 'n "amptelike" naam gehad nie, maar net amptelike titels vir sy heersers. Die "vors (letterlik 'prins') van Moskou" (Московский князь, Moskofski knjaz) en "soewerein van Moskou" (Московский государь, Moskofski gosoedar) was algemene kort titels. Ná die vereniging met die Hertogdom Wladimir in die middel 14de eeu het die vorste van Moskou hulleself soms die "hertog van Wladimir en Moskou" genoem, want Wladimir was baie ouer en prestigeryker as Moskou, hoewel die vors se hooftuiste altyd in Moskou was.

In wedywering met ander vorstedomme (veral Twer) het Moskouse vorste hulleself "grootvorste" genoem, wat op 'n hoër rang as dié van ander Russiese vorste gedui het. Tydens die latere uitbreiding van Moskou het die volle titel soms baie lank geword.Die volle titel van Wasili III in 'n 1517-dokument: "Deur God se genade en ons eie wil, Ons, die grootsoewerein Wasili, deur God se genade die tsaar en soewerein van die hele Rusland en die grootvors van Wladimir, Moskou, Nowgorod, Pskof, Smolensk, Twer, Joegra, Perm, Wjatka, Bolgar en ander, en die Grootvors van Nowgorod van die laer lande [dus Nizjni Nowgorod], Tsjernigof, Rjazan, Wolok, Rzjef, Beli, Rostof, Jaroslawl, Belozersk, Oedora, Obdora, Konda en ander..." In gewone dokumente en op seëls is korter titels egter gebruik: die "(groot)vors van Moskou", "soewerein van Moskou", "groothertog van die hele Rusland" (letterlik "grootprins van die Hele Rusland") of eenvoudig die "grootvors" of "grootsoewerein". Die Goue Horde het Iwan Kalita aangestel as heerser oor die "hele Rusland" en Semjon I het die titel "grootvors van die hele Rusland" aangeneem.

Ondanks feodalisme is die kollektiewe naam van die Oos-Slawiërs se landstreek, "Roes", nooit vergeet nie, hoewel dit toe 'n kulturele en geografiese term eeder as 'n politieke term geword het, want daar was geen enkele politieke entiteit in die streek nie. Sedert die 14de eeu het verskeie Moskouse vorste "van die hele Roes" (всея Руси, fsjeja Roesi) by hulle titels gevoeg, volgens die titel van die Russiese metropoliete, die "Metropoliet van die hele Roes". Dmitri Sjemjaka (oorlede 1453) was die eerste Moskouse vors wat geld laat munt het met die titel "soewerein van die hele Roes".

Sulke titels het teenstand en die gramskap ontlok van sy belangrikste teenstander, die Groothertogdom Litaue, wat oor 'n groot deel van die (westelike) deel van die land van antieke Roes regeer het en sy oostelike buurman aanspraak daarop en selfs die gebruik van die naam ontsê het. Onder Pools-Litause invloed het Wes-Europa die land "Moskowië" begin noem. Die eerste keer dat die naam in 'n Italiaanse dokument verskyn het, was in 1500. Moskowië was aanvanklik die gelatiniseerde naam van die stad Moskou en nie van die staat nie. Later het dit egter sy wyer betekenis gekry en is dit saam met die ouer naam, Rusland, gebruik tot aan die begin van die 18de eeu. Dit word steeds in historiese verband gebruik.

Iwan III het aanspraak gemaak op die titel "soewerein en grootvors van die hele Rusland (государь и великий князь всея Руси, gosoedar i weliki knjaz fsjeja Roesi). Teen die tyd van sy troue met Sofia Palaiologina, die niggie van Konstantyn XI Palaiologos, die laaste Bisantynse keiser, het hy aanspraak daarop gemaak dat Moskowië die opvolgerstaat van die Romeinse Ryk en die "Derde Rome" was.

Ontstaan Toe die Mongoolse Ryk Kiëf-Roes in die 13de eeu binneval, was Moskou nog 'n klein dorpie in die vorstedom Wladimir-Soezdal. Hoewel die Mongole Moskou in 1238 afgebrand en in 1293 geplunder het, het die buitepos se afgeleë, beboste ligging 'n mate van veiligheid teen Mongoolse aanvalle en besetting gebied, terwyl 'n paar riviere toegang tot die Oos- en Swartsee en tot die Kaukasusstreek gebied het.Library of Congress Country Studies – Russia Moskowiete, Soezdallers en ander inwoners van die vorstedom Roes kon hulle Slawiese, heidense en Ortodokse tradisies behou vir die grootste deel van die Mongoolse, of Tataarse, Juk.

thumb|240px|Die Moskouse Kremlin onder prins Iwan Kalita (vroeë 14de eeu), deur Apollinari Wasnetsof. Belangriker vir die ontwikkeling van die staat Moskou was egter die heerskappy van 'n paar prinse wat sy grense uitgebrei en die klein vorstedom in die grootste Europese staat van die 16de eeu ontwikkel het. Die eerste heerser van die vortstedom Moskou, Daniël (oorlede 1303), was die jongste seun van Aleksander Nefski van Wladimir-Soezdal. Hy het begin om sy prinsdom uit te brei deur Kolomna oor te neem. Sy seun, Joeri (bewind 1303-1325), het die hele bekken van die Moskwarivier beheer en dit weswaarts uitgebrei. Hy het toe 'n bondgenootskap gesluit met die opperheerser van Roes, Ozbeg Khan van die Goue Horde, en met die khan se suster getrou. Die khan het Joeri toegelaat om die titel grootvors van Wladimir-Soezdal aan te neem. Dit het hom in staat gestel om in te meng in die sake van die Republiek Nowgorod in die noordweste.

Teen die vroeë 14de eeu het Moskou sy posisie verbeter teenoor ander dorpe in sy moederstaat, Wladimir-Soezdal, en teen die 1320's was dit die invloedrykste stad, grootliks danksy besluite wat die Mongoolse khan geneem het. Daarbenewens het die metropoliet van Roes sy basis ook na Moskou verskuif.

Joeri se opvolger, Iwan I (bewind 1325-1340) het die titel grootvors behou deur nou met die Mongole saam te werk en deur heffings van ander Roes-vorstedomme namens hulle in te samel. Dié goeie betrekkinge het Iwan in staat gestel om oorheersing in die streek te verkry, veral oor Moskou se belangrikste teenstander, Twer in die noorde, wat in 1327 teen die horde gerebelleer het. Die opstand is onderdruk deur die gesamentlike magte van Soezdal, Moskou en die Tatare.Martin J. Medieval Russia, 980–1584. 2007. Cambridge University Press. p. 196

Iwan was na bewering die rykste man in Roes, soos wat sy bynaam, "Kalita" (letterlik "Geldsak"), getuig.Moss (2005) Hy het sy skatte gebruik om grond in ander prinsdomme te koop en om klipkerke in die Moskouse Kremlin te laat bou. In 1325 het die Ortodokse metropoliet Pieter (oorlede 1326) sy woning van Kiëf na Wladimir en daarna na Moskou verskuif, en dit het die aansien van die nuwe prinsdom verder verhoog.Compare:

Dmitri Donskoi thumb|200px|Dmitri Donskoi in die Slag van Koelikowo.

Iwan se opvolgers het Roes se grondgebiede bly inpalm om die bevolking en rykdom onder hulle bewind te vergroot. In die proses het hulle belange al hoe meer gebots met die uitbreidende Groothertogdom Litaue, wat hoofsaaklik Oos-Slawiese en Ortodokse inwoners gehad het. Groothertog Algirdas van Litaue het 'n verbondskap met Twer gesluit deur middel van 'n huwelik, en het drie veldtogte teen Moskou gevoer (1368, 1370 en 1372). Hy kon dit egter nie inneem nie. Die grootste onenigheid tussen Moskou en Vilnius was die groot stad Smolensk.

In die 1350's is die land en die koningsgesin deur die Swart Dood getref. Dmitri Iwanowitsj was nege toe sy ouers sterf en die titel grootvors in die hande van sy verlangse familielid Dmitri van Soezdal beland. Omring deur Litauers en Moslemse nomades, het Dmitri Donskoi noue bande gekweek met die Ortodokse Kerk van Roes, wat 'n oplewing in invloed beleef het danksy die monastiese hervormings van sint Sergius van Radonezj.

Dmitri is deur die metropoliet Alexius opgevoed. Hy het gefigureer as 'n kampvegter van ortodoksie en dit reggekry om die strydende prinsdomme van Roes te verenig in sy stryd teen die Goue Horde. Hy het die khan se gesag uitgedaag en sy bevelvoerder Mamai in die epiese Slag van Koelikowo (1380) verslaan. Die oorwinning het egter geen korttermynvoordele ingehou nie. Tochtamisj Khan het Moskou in 1382 verwoes in die hoop om sy gesag oor sy vasal die grootvors en sy eie leierskap te herstel; hy het 24 000 mense vermoor.

Dmitri het nogtans 'n nasionale held geword. Die sukses van die slag het die inwoners van Roes opnuut laat glo in hulle vermoë om die Tataarse juk af te skud en weer 'n vrye volk te word. In 1389 het hy die troon aan sy seun Wasili I nagelaat sonder om die khan se goedkeuring te kry.

Wasili I en Wasili II thumb|200px|links|Andrei Roebljof se beroemde ikoon van die Drie-eenheid.

Wasili I (1389-1425) het die beleid van sy vader voortgesit. Nadat die horde deur Tamerlane aangeval is, het hy nie meer heffings aan die khan betaal nie, maar moes noodgedwonge 'n meer versoenende beleid volg ná Edigu van die horde se inval in Moskou in 1408.

Wasili was getroud met die enigste dogter van groothertog Vytautas van Litaue en het probeer om openlike konflik met sy magtige skoonpa te vermy, selfs nadat laasgenoemde Smolensk geannekseer het. Die vreedsame jare van sy lang bewind is gekenmerk deur die volgehoue uitbreiding na die ooste (die anneksasie van Nizjni Nowgorod en Soezdal, 1392) en na die noorde (Wologda, Weliki Oestjoeg en Groot-Perm, 1398). Nizjni Nowgorod was 'n geskenk van die khan van die Goue Horde omdat Moskou hom teen 'n teenstander gehelp het.Richard Pipes, Russia under the Old Regime (1995), p.80.