Komatipoort is 'n dorp in die verre ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika, op die grens met Mosambiek. Die dorp het in 2011 'n bevolking van 4 683 gehad. Komatipoort is hoofsaaklik 'n spoorwegdorp en doeanesentrum, maar beskik ook oor 'n klein lughawe. Die spoorlyn van pres. Paul Kruger het die dorp teen 1 Julie 1891 vanaf Delagoabaai bereik.
Omgewing duimnael|links|270px|Die Gereformeerde kerk Komatipoort. duimnael|links|270px|Komatipoort en Ressano Garcia uit die ruimte gesien 'n Diep kloof voer die Krokodilrivier, N4 nasionale pad en treinspoor deur die Lebomboberg tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Die dorp is een van die warmstes in die land. Die gemiddelde maksimum-dagtemperatuur gedurende Januarie is 32,9°C en in Julie is dit 26,4°C. Die belangrikste gewasse van die distrik is suikerriet, groente en subtropiese vrugte. Die Lebombo-grenspos is net oos van die dorp.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga