Thabazimbi (berg van yster) is 'n dorp in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp het 'n bevolking van 28 847 in 2011 gehad.Thabazimbi Sensus 2011
Geskiedenis duimnael|links|Ysterertsmyne in Thabazimbi Die dorp het sy ontstaan te danke aan die buitengewone ryk ystererts wat JH Williams in 1919 by Vliegpoort ontdek het. Die erts is deur die regering gekoop vir die pasgestigte Yskor (1928) wat in 1931 met sy bedrywighede begin het. 'n Takspoorlyn is vanaf Northam gebou. 'n Dorp (vir die werknemers van Yskor) is op die plaas Kwaggashoek uitgelê en in 1953 geproklameer.
Myn en Distrik Die myn lewer jaarliks sowat 2 miljoen ton erts wat per spoor na Yskor se werke vervoer word. Beesboerdey is die belangrikste landbouaktiwiteit in die distrik (8 000 km²). Daar is ook ander beduidende neerslae van chroom en ystererts in die omgewing bewys.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Limpopo