Regardt van den Bergh (gebore 2 September 1952) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer."van den Bergh, Regardt" . British Film Institute: Film- en TV-databasis. Besoek op 15 Augustus 2010.

Biografie Van den Bergh is in 1952 in Johannesburg, Suid-Afrika, gebore. Hy begin sy skoolloopbaan aan die Laerskool Louw Geldenhuys in Linden en matrikuleer aan die Hoërskool Linden.

Sy ouers, Gert van den Bergh en Dulcie van den Bergh was albei akteurs. Hy was met die aktrise Jana Cilliers getroud. Twee dogters, Lika en Leán is uit die huwelik gebore. Ná hul egskeiding is hy getroud met nog 'n aktrise, Clara Joubert. Lika Berning en haar man, Clyde, speel albei ook toneel en het onder meer saam op die silwerdoek verskyn in die liefdesdrama Uitvlucht (2016), waarvan Van den Bergh die regie behartig het.

Filmografie Akteur — film en televisie Jaar Titel Rol GenreNotas1968 Die Kandidaat Kallie drama 1971 Plekkie in die son Die dokter drama 1975 Eendag op 'n Reëndag Paul roman 1979 Wat Jy Saai Dr. Fritz Krynauw drama1979 Elsa se Geheim drama1981 Blink Stefaans Fanus en Blink Stefaans komedie 1992 Die Storie van Klara Viljee || Dawid die skoolhoof || drama || |- |1997 || Mandela and De Klerk'' Magnus Malan drama TV-film

Regisseur — film Jaar Titel Genre Notas1984 Boetie Gaan Border Toe! komedie 1984 Vyfster drama TV-reeks1990 Circles in a Forest drama 1992 The Sheltering Desert drama/avontuur-film 2006 Faith Like Potatoes drama 2008 Hansie Familie/sports-film 2010 League of Glory TV-reeks2010 Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom Familie/avontuur-film 2013 Klein Karoo Romantiese komedie 2016 Verskietende Ster Drama 2016 Uitvlucht Liefdesdrama

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Suid-Afrikaanse draaiboekskrywers