Ahmedabad 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Deelstaat Goedjarat Koördinate Stigting 11de eeu Oppervlakte: - Totaal 464,165 vk km Hoogte bo seevlak 53 m Bevolking: - Totaal (2011) 5 577 967 - Bevolkingsdigtheid 12 000/vk km - Metropolitaanse gebied 6 357 693 Tydsone UTC+05:30 Burgemeester Gautam Shah (BJP) Amptelike Webwerf ahmedabadcity.gov.in
Ahmedabad (Goedjarati: અમદાવાદ [ˈəmd̪ɑːʋɑːd̪], letterlik: "stad van Ahmed") is die grootste stad en voormalige hoofstad van die Indiese deelstaat Goedjarat. Die stad is aan die oewer van die Sabarmatirivier in die weste van die land geleë.
duimnael|links|Ahmedabad gedurende die 19de eeu Ahmedabad het in 2011 'n bevolking van 5 577 967 en 6 357 693 in die metropolitaanse gebied gehad. Die stad het 'n totale oppervlakte van 464,165 km² en is die vyfde grootste stad en sewende grootste metropolitaanse gebied van Indië. Dit is ook die ekonomiese sentrum van die Indiese deelstaat Goedjarat.
Ahmedabad is veral bekend vir sy historiese stadsentrum wat in 2017 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is.
Sport Die Narendra Modi-stadion (ook Motera-stadion genoem) in die voorstad Motera is met 'n kapasiteit van 110 000 die grootste toetskrieketstadion ter wêreld. In Februarie 2021 is dit na die eerste minister Narendra Modi genoem. Beide die Indiese nasionale krieketspan en die Indiese nasionale vrouekrieketspan speel van hulle tuiswedstryde in die stad. In die Motera-stadion is onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996 en 2011, asook die Kampioenetrofee 2006, aangebied. Tydens die Krieketwêreldbeker 2023 is in dié stadion ook wedstryde beslis, waaronder die eindstryd tussen Australië en Indië, waartydens die Australiërs hul sesde titel ingepalm het. Dit is ook tydens die T20I-wêreldbeker 2026 gebruik.
Sien ook Lys van Wêrelderfenisgebiede
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy
Kategorie:Goedjarat Kategorie:Nedersettings in Indië Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Indië