Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Engels: South African Football Association of SAFA) is Suid-Afrika se nasionale vereniging wat sokker in die land organiseer. Die organisasie is in 1991 gestig en is in 1992 by FIFA en CAF geaffilieer. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het reeds belangrike toernooie soos die Afrikanasiesbeker 1996, FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 en Afrikanasiesbeker 2013 aangebied.
Personeel duimnael|Danny Jordaan is die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se voorsitter. Voorsitter: Danny Jordaan Adjunkpresident: Mwelo Nonkonyana Adjunkpresident: Mandla 'Shoes' Mazibuko Adjunkpresident: Irvin Khoza Sekretaris-generaal: Leslie Sidibe
Geaffilieerde lede USSASA SASSU SAIFA SAFCA SAFMA
Nasionale spanne Onder-12 (Tsetse-flies) Onder-17 (Amajimbos) Onder-20 (Amajita) Onder-23 (Amaglug-glug) Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan (Bafana-Bafana) Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan (Banyana-Banyana)
Ligas Betway Premierliga, die hoof liga Nasionale Eerste Liga, eerste afdeling ABC Motsepe Liga, tweede afdeling SAFA-vroueliga, vir vroue
Sien ook Krieket Suid-Afrika Suid-Afrikaanse Rugbyunie Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee
Verwysings
Eksterne skakels SAFA se amptelike webtuiste Suid-Afrika op FIFA se webtuiste Suid-Afrika op CAF se webwerf
Kategorie:Sokkerbeheerliggaam Kategorie:Sokker in Suid-Afrika Kategorie:Sport in Johannesburg Kategorie:Suid-Afrikaanse sportbeheerliggaam