Poseidonios (Grieks: Ποσειδώνιος, menend "van Poseidon") "van Apameia" (ὁ Ἀπαμεύς) of "van Rhodos" (ὁ Ῥόδιος) (c. 135 v.C. - 51 v.C.), was 'n GriekseGeorge Sarton (1936). "The Unity and Diversity of the Mediterranean World", Osiris 2, p. 406-463 . stoïsynseEncyclopaedia Britannica "Griekse filosoof, beskou as die mees geleerde man van sy tyd en, moontlik, van die hele Stoïsynse skool." filosoof, politikus, sterrekundige, geograaf, geskiedkundige en onderwyser, oorspronklik van Apamea, Sirië.Posidonius, Encyclopædia Britannica, 11de uitgawe. Hy word aangeslaan as die grootste alomgeleerde van sy era. Geen deel van sy besonder omvangryke opus kan vandag in geheel gelees word nie, aangesien dit net in fragmente behoue gebly het.

Lewe Poseidonios, met bynaam "die Atleet", is gebore in 'n Griekse familie in Apamea, 'n Helleense stad aan die Orontesrivier in noord-Sirië, en is waarskynlik oorlede in Rome of Rhodos. Poseidonios het sy hoër opleiding in Athene voltooi, waar hy 'n student was van die bejaarde Panaitios, die hoof van die Stoïsynse skool. Hy het hom om en by 95 v.C. gevestig in Rhodos, 'n maritieme staat wat 'n reputasie vir wetenskaplike geleerdheid gehad het, waar hy burgerskap aanvaar het.

Politieke ampte In Rhodos, het Poseidonios aktief deelgeneem aan politieke aktiwiteite, en sy hoë aansien blyk uit die posisies wat hy beklee het. Hy het die hoogste publieke amp as een van die Prytaneis (presidente, met 'n ampstermyn van ses maande) van Rhodos beklee. Hy het diens gedoen as ambassadeur te Rome van 87 tot 86 v.C., tydens die eras van Marius en Sulla.

Poseidonios was een van 'n groep Griekse intellektuele wat Rome beskou het as 'n stabiliserende bewind in 'n andersins onstuimige wêreld. Sy verbintenisse met die Romeinse regerende klas was vir hom nie slegs van politieke belang en sinvol nie, maar was ook nuttig vir sy wetenskaplike navorsing. Sy toetrede tot regeringsake het aan Poseidonios gesaghebbende kontakte verleen wat sy reise na afgeleë bestemmings, selfs buite die Romeinse magsfeer, vergemaklik het.

Reise Nadat hy hom te Rhodos gevestig het, het Poseidonios een of meer reise onderneem regdeur die Romeinse wêreld en selfs buite Romeins-onderhorige state om wetenskaplike navorsing te doen. Hy gereis in of na Griekeland, Hispanië, Italië, Sisilië, Dalmasië, Gallië, Ligurië, Noord-Afrika en aan die oostelike kuste van die Adriatiese See.

In Hispanië, op die Atlantiese kus te Gades (die moderne Cadiz), kon Poseidonios getye waarneem wat veel hoër opgewel het as in dié van die Middellandse See waarmee hy vertroud was. Hy het geskryf dat daaglikse getye toeskryfbaar was aan die maan se wentelbaan, terwyl getyhoogtes gewissel het na gelang van die maanfases, en hy het veronderstel dat jaarlikse getyfases miskien met die nagewening en sonnekering in verband gebring kon word.

In Gallië, het hy die Kelte bestudeer. Hy het aangrypende ooggetuieverslae nagelaat omtrent hul gebruike: mans wat betaal is om toe te laat dat hulle keelaf gesny word vir publieke vermaak en die vasspykering van trofeeskedels aan die deurposte.Poseidonios, fragment 16 (aangehaal deur Athenaeus, Boek 4) en fragment 55 (aangehaal deur Strabo, Boek 4). Maar hy het ook opgemerk dat die Kelte die Druïde vereer het, wat Poseidonios as filosowe geag het. Gevolglik het hy gemeen dat selfs onder die barbare, 'trots en drang wyk voor wysheid, en die Muse by Ares gesag inboesem'. Poseidonios het 'n geografiese verhandeling opgestel oor die landstreke van die Kelte wat tans verlore is, maar wat vermoedelik een van die bronne vir Tacitus se Germanië was.

Skool Poseidonios se ekstensiewe geskrifte en lesings het van hom 'n gesaghebbende geleerde gemaak, en bygedra tot sy roem regoor die Grieks-Romeinse wêreld, terwyl 'n skool geskoei op sy lering ook in Rhodos vorm aangeneem het. Sy kleinseun Jason, die seun van sy dogter en Menekrates van Nysa, het in sy voetspore gevolg en Poseidonios se skool in Rhodos voortgesit. Alhoewel min omtrent die organisasie van die skool bekend is, is dit duidelik dat Poseidonios oor 'n standhoudende getal Griekse en Romeinse volgelinge beskik het.

Deelse omvang van sy geskrifte Poseidonios is as 'n alomgeleerde gehuldig regoor die Grieks-Romeinse wêreld aangesien hy, soortgelyk aan Aristoteles en Eratosthenes, byna die algehele kennis van sy era bemeester het. Hy het gestrewe na 'n verenigde stelsel vir begrip van die mens se intellek en van die heelal, wat as 'n verklaring en gids vir mensegedrag kon dien.

Poseidonios se geskrifte behandel fisika (insluitend meteorologie en fisiese geografie), sterrekunde, astrologie en wiggelary, seismologie, geologie en mineralogie, hidrologie, plantkunde, etiek, logika, wiskunde, geskiedenis, natuurgeskiedenis, antropologie en taktieke. Sy studies was diepgaande ondersoeke na dié uiteenlopende onderwerpe, alhoewel nie sonder foute nie.

Geen van sy werke het intakt behoue gebly nie, en slegs fragmente is nog beskikbaar, alhoewel die titels en onderwerpe van baie van sy boeke bekend is.

Filosofie Vir Poseidonios, was filosofie die toonaangewende meesterkuns en was al die indiwiduele wetenskappe ondergeskik aan filosofie, wat alleen die kosmos kon verklaar. Al sy werke, van die wetenskaplike tot die historiese, was onlosmaaklik filosofies.

Hy het die stoïsynse onderverdeling van filosofie in fisika (natuurlike filosofie, insluitend metafisika en teologie), logika (insluitend dialektiek), en etiek aanvaar.Diogenes Laërtios, Die Lewens en Menings van Vooraanstaande Filosowe, 7.39-40. Hierdie drie kategorieë was vir hom, in stoïse trant, onskeibare en onderafhanklike aspekte van 'n organiese, natuurlike geheel. Hy het hulle naamlik met 'n lewende wese vergelyk; met fisika die vleis en bloed, logika die bene en senings wat die organisme saambind, en eindelik etiek – die belangrikste deel – wat met die siel sou ooreenstem.Sextus Empiricus, Teen die Professore, 7.19. Sy filosofiese meesterbeskouing was dat die heelal self, soortgelyk ineengeskakel is, soos by 'n organisme, deur kosmiese "simpatie", en wel in alle opsigte; van die ontwikkeling van die fisiese wêreld tot die geskiedenis van die mensdom.

Alhoewel 'n oortuigde stoïkus, was Poseidonios, soos Panaitios en ander stoïci van die middelperiode, eklekties. Hy het nie slegs die ander stoïci nagevolg nie, maar ook Plato en Aristoteles. Alhoewel nie afdoende bevestig nie, kon Poseidonios miskien 'n kommentaar op Plato se Timaeus geskryf het.

Hy was die eerste stoïkus om van die gebaande lering af te wyk, dat hartstogte gebrekkige oordeel sou aandui, en het Plato se siening van die siel beaam, naamlik dat die emosies inherent aan die mensenatuur was. Benewens die rasionele fakulteite, het Poseidonios geleer dat die mensesiel oor begeesterde bevoegdhede beskik (toorn, magsug, afguns, ens.), benewens begerige bevoegdhede (verlange na die sinlike en voedsel). Etiek se doelwit sou dan die vernuftige omgang met hierdie passies wees, sodanig dat die rede tot die dominante bevoegdheid verhef word.

Poseidonios was eens met die stoïese lering van logos, 'n siening wat later met die Judeo-Christelike geloof gedeel is. Poseidonios het hom ook geskaar by die stoïese doktrine van toekomstige konflagrasie.

Fisika In stoïsynse fisika, het Poseidonios 'n teorie voorgestaan van kosmiese "simpatie" (soempatheia), die organiese onderafhanklikheid van alle wêreldse manifestasies, van die lug tot die aarde, as deel van 'n rasionele ontwerp wat die mensheid en alle dinge in die heelal verenig, selfs dié wat temporaal en ruimtelik geskei is. Alhoewel sy leermeester Panaitios sy bedenkinge oor wiggelary gehad het, het Poseidonios die teorie van kosmiese simpatie ter ondersteuning van sy geloof in wiggelary aangewend – hetsy deur astrologie of profetiese gesigte – as 'n soort wetenskaplike voorspelling.Cicero, De Divinatione (Omtrent Wiggelary), ii. 42

Sterrekunde Sekere fragmente van sy sterrekundige geskrifte oorleef danksy die verhandeling deur Kleomedes, Rakende die Sirkelbewegings van die Hemelliggame, waarvan die eerste hoofstuk van die tweede boek blykbaar grotendeels uit Poseidonios gekopieer is.

Poseidonios het 'n teorie voorgestel dat die son 'n lewenskrag voortbring wat die wêreld deurweek.

Hy het gepoog om die afstand en grootte van die son te bereken. Om en by 90 v.C. het Poseidonios die afstand na die son (sien astronomiese eenheid) geraam op 9 893 keer die aardradius, wat egter steeds die helfte te klein was. In sy bepaling van die grootte van die son, egter, was sy vasgestelde waarde groter en meer akkuraat as dié wat deur ander Griekse sterrekundiges voorgestel is, of dié van sy voorganger Aristarchos van Samos.Poseidonios, fragment 215.K van Kleomedes

Poseidonios het ook die grootte en afstand van die maan bereken.

Poseidonios het 'n orrery gebou, moontlik soortgelyk aan die Antikythera-meganisme. Poseidonios se orrery, het volgens Cicero die daaglikse bewegings van die son, maan en die vyf bekende planete uitgebeeld.Cicero, De Natura Deorum (Omtrent die Aard van die Gode), ii-34, bladsy 287.

Geografie, etnologie en geologie duimnael|300px|Wêreldkaart na die idees van Poseidonios (150-130 v.C.), geteken in 1628 deur kartograwe Petrus Bertius en Melchior Tavernier. Alhoewel heelwat van die besonderhede nie tot Poseidonios se beskikking was nie, word Poseidonios se opvattings omtrent die liggings van die kontinente aangedui Poseidonios se roem buite gespesialiseerde filosofiese kringe, het op die laaste in die tagtigs ontstaan met die publikasie van die werk Omtrent die Oseaan en die Aanliggende Gebiede. Hierdie werk was nie bloot 'n oorkoepelende aanspreking van geografiese vraagstukke volgens die eietydse wetenskaplike kennis nie, maar was ook gemik op die bevordering van sy teorieë omtrent die onderafhanklikheid van die wêreldorde, deur uit te wys hoe alle kragte op mekaar inwerk, en hoe die wisselwerkings ook op menselewens van toepassing was; die politiese asook die persoonlike aspekte. In sy werk het Poseidonios ingegaan op sy teorie van die invloed van klimaat op die karakter van 'n bevolking, wat sy uitleg van die "geografie van die rasse" ingesluit het. Hierdie teorie was nie uitsluitlik van wetenskaplike belang nie, maar het ook politieke implikasies gehad — sy Romeinse lesers is ingelig dat die klimaties sentrale ligging van Italië 'n noodsaaklike voorwaarde was vir die Romeinse bestemming as wêreldoorheersers. As 'n stoïkus het hy egter nie 'n grondige onderskeid tussen die beskaafde Romeine as wêreldmeesters en die minder beskaafde mense getref nie.

Poseidonios het die aardomtrek met die posisie van die ster Canopus as verwysingspunt gemeet. Soos Kleomedes verduidelik, het Poseidonios Canopus op, maar nooit bo die horison te Rhodos waargeneem nie, terwyl hy in Alexandrië waargeneem het hoe dit tot 7½ grade bo die horison klim (die hoek wat die breedtegrade van die twee lokale onderspan is eintlik 5 grade en 14 minute). Aangesien Rhodos volgens sy kennis 5 000 stadia reg noord van Alexandrië geleë was, en die verskil in hoogte van die ster aangedui het dat die twee lokale deur 1/48ste van die sirkel van mekaar geskei is, kon hy 5 000 met 48 vermenigvuldig om 'n waarde van 240 000 stadia vir die aardomtrek te verkry. Omsetting van die stadia na moderne lengte-eenhede is egter problematies, aangesien 'n antieke stadium se lengte tussen ongeveer 157 en 211 meter gewissel het. Dit word egter algemeen aanvaar dat die stadium wat deur Poseidonios gebruik is, byna presies 1/10 van die moderne myl is, in die middel van die antieke rykwydte. Aldus sal Poseidonios se meting van 240 000 stadia omgesit kan word na 24 000 myl, nie veel minder as die werklike omtrek van 24 901 myl nie.Poseidonios, fragment 202

duimnael|300px|Poseidonios se metode vir bepaling van die aardomtrek het op die ster Canopus se hoogte berus