Clemens IX was die 238ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1667 tot 1669.
Biografie Pous Clemens IXClement IX. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica. is gebore as Giulio Rospigliosi op 28 Januarie 1600 in Pistoia, Groothertogdom Toskane. Hy stam uit 'n adellike familie en word opgevoed deur die Jesuïte. Hy verkry 'n doktoraat in die wysbegeerte van die Universiteit van Pisa en doseer teologie daar. Op 14 Maart 1644 word hy aangestel as titulêr aartsbiskop van Tarsus. Tydens die pontifikaat van Pous Urbanus VII is hy nuntius aan die Spaanse hof vanaf 14 Julie 1644. Urbanus maak hom vikaris van Santa Maria Maggiore in Rome. Op 9 April 1657 word hy kardinaal-priester van San Sisto en kardinaal-staatsekretaris. Rospiglione was 'n skrywer van gedigte, drama's en libretto's. In 1632 publiseer hy die libretto vir "Il Sant'Alesio" vir die musiek van Stefano Landi, in 1639 die libretto vir "Chi soffre, speri" vir die musiek van Marco Marazzoli en Virgilio Mazzochi en in 1653 die libretto vir "Dal male il bene" vir die musiek van Antonio Maria Abbatini en Marco Marazzoli. "Chi soffre speri" is die eerste bekende komiese opera, die première het plaasgevind op 27 Februarie 1639 in Rome. Op 20 Junie 1667 volg hy Pous Alexander VII en word gekroon op 26 Junie 1667 deur kardinaal Rinaldo d'Este. Hy regeer tot sy dood op 9 Desember 1669 en word opgevolg deur Pous Clemens X. Die naam ‘Clemens’ beteken 'die sagmoedige'.
Kerklike loopbaan 14 Maart 1644 – Titulêr Aartsbiskop van Tarsus 14 Julie 1644 – Apostoliese nuntius in Spanje. April 1657 – Kardinaal-staatsekretaris. 23 April 1657 – Kardinaal-priester van S. Sisto 20 Junie 1667 – Pous van Rome
Pontifikaat Pous Clemens IXLoughlin, J. (1908). Pope Clement IX. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Augustus 4, 2010 by: http://www.newadvent.org/cathen/04028a.htm se kort pontifikaat het nie belangrike verwikkelinge opgelewer nie. Hy het die dispuut met die Franse kerk oor die Jansenisme probeer besleg. Die tydelike vrede staan bekend as die Pax Clementina. Hy was ook 'n tussenganger by die vrede van Aken in 1668 waar die devolusie-oorlog tussen Frankryk, Spanje, Engeland en Nederland beëindig is.
Die pous het 'n lewendige belangstelling getoon vir die kunste. Hy het Bernini opdragte gegee soos die engele van die "Ponte Sant'Angelo". Hy het egter nie sy naam op enige publieke werk laat aanbring nie. Vir die karnavalfees van 1668 het hy Antonio Maria Abbatini opdrag gegee om sy Italiaanse vertaling van die Spaanse religieuse drama "La Baltasara" te toonset.
Clemens het probeer om die verdediging van Kreta teen aanvalle van die Turke te versterk, maar op 5 September 1669 het die Turke die vesting Candia (die teenswoordige Iraklion) op Kreta verower.
Clemens het die goeie gewoonte gehad om daagliks dertien armes na sy tafel te nooi vir 'n ete waar hyself bedien het.
Die kollege van kardinale Pous Clemens IX het twaalf nuwe kardinale aangestel in drie konsistories.
Die konsistorie van 12 Desember 1667 Giacomo Rospigliosi, kardinaal-nepoot, sy neef. Leopoldo de' Medici. Sigismondo Chigi.
Die konsistorie van 5 Augustus 1669 Emmanuel Théodose de la Tour d'Auvergne de Bouillon. Luis Manuel Fernández de Portocarrero-Bocanegra y Moscoso-Osorio, deken van die katedraal van Toledo, Spanje.
Die konsistorie van 29 November 1669 Francesco Nerli, senior, aartsbiskop van Florence. Emilio Bonaventura Altieri, voormalig biskop van Camerino, later Pous Clemens X. Carlo Cerri, dekaan van die Heilige Roomse Rota. Lazzaro Pallavicino. Giovanni Bona, O.Cist., ab. Nicolò Acciaioli, ouditeur-generaal van die Apostoliese Kamer Buonaccorso Buonaccorsi, tesourier-generaal.
Saligverklarings 15 April 1668 – Rose van Lima (die eerste Amerikaanse salige). 9 Oktober 1669 – Margaret van Savoje.
Heiligverklarings 28 April 1669 – Maria Madalena dei Pazzi 28 April 1669 – Petrus van Alcantara.
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. . Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 1600 Clemens IX Clemens IX Kategorie:Sterftes in 1669