Die Aleoete-eilande (Engels: Aleutian Islands), tot 1867 ook Katharina-eilande, is 'n hoofsaaklik Amerikaanse eilandketting tussen die vastelande van Noord-Amerika en Asië wat as die mees westelike uitloper van die Alaskaanse Skiereiland oor 'n afstand van meer as 1 800 kilometer tot in die suidelike Beringsee strek. Die Aleoetiese Eilande is sodoende die langste argipel ter wêreld.

duimnael|links|Die eiland Unalaska binne die Aleoetiese Eilande Die Aleoete-eilande is van vulkaniese oorsprong – sommige van die 57 vulkane is nog steeds aktief. Daarnaas word die landskap deur groen weivelde oorheers. Sterk, dikwels selfs stormagtige winde en baie reën is kenmerkend vir die koel klimaat van die streek. Die Aleoetiese Eilande se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.

Die eilandgroep, wat na sy inheemse bevolking genoem is, het in 1867 Amerikaans geword toe die Verenigde State Alaska van Rusland gekoop het. In 1943 was die eilande 'n oorlogstoneel tussen die Verenigde State en Japan, en enkele bouvalle uit die tyd van die Tweede Wêreldoorlog kan nog steeds besigtig word.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Alaska Kategorie:Siberië Kategorie:Eilande in Stille Oseaan Kategorie:Eilande van Rusland Kategorie:Eilande van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Vulkaniese eilande Kategorie:Argipels