Lodewicus Theodorus Oosthuizen (Mosselbaai, 19 Oktober 1982) is 'n professionele gholfspeler van Suid-Afrika.
Amateur Louis Oosthuizen het in 'n gesin wat tennis speel grootgeword, maar verkies om eerder gholf te speel. In 1999 word hy lid van die Ernie Els-stigting en word deur die voormalige nommer een van Europa geïnspireer en gehelp.
Gewen 2000: Junior Wêreldkampioenskap (indiwidueel) 2001: All African Games (Kenia), Transvaalse Amateurhouespelkampioenskap (SA) 2002: Indiese Amateur Opekampioenskap (gedeel), Ierse Amateur Ope houespelkampioenskap, Natalse Ope houespelkampioenskap (SA) 2004: Vodacom Origins of Golf Tour (SA) 2007: Telkom PGA kampioenskap (SA) 2008: Telkom PGA kampioenskap (SA) 2010: Open de Andalucia de Golf (Spanje), Britse Opekampioenskap (Verenigde Koninkryk)
Spanne Wêreldkampioenskap Landspanne (Junior): 2000, saam met Charl Schwartzel gewen Eisenhowertrofee: 2002
Professioneel Hy word in 2002 professioneel en is sederd 2006 onder die top-100 in die Europese PGA Toer. In 2009 kom hy tweede in Aboe Dhabi en Katar en eindig in die 34ste plek in die "Race To Dubai", wat hom op die beginlys van die wêreldkampioenskap in Doebai plaas.
In 2010 behaal hy sy eerste oorwinning op die Europese PGA Toer. Hiermee haal hy die top-50 op die Wêreldranglys wat hom in staat stel om twee weke later weer aan die Meesters deel te neem.
Gewen
Sonskyntoer
2004: Vodacom Origins of Golf Tour by Arabella 2007: Platinum Classic, Dimension Data Pro-Am, Telkom PGA Kampioenskap 2008: Telkom PGA Kampioenskap
Europese PGA-toer 2010: "Open de Andalucia", Britse OpeOosthuizen wen Britse Ope , Nuus24, 18 Julie 2010.
Verwysings
Eksterne skakels Webwerf van die Europese toer: profiel Webwerf van die Amerikaanse Toer: profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse gholfspelers Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners