Justin Drew Bieber (uitspraak: [biːbər]; * 1 Maart 1994)inogolo:how to pronounce Justin Bieber . is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger. Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is. Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan.

duimnael|links|upright|Bieber in September 2009 by die Nintendo World Store. Justin Bieber se debuutenkelspeler, "One Time", is in 2009 wêreldwyd uitgereik en het in meer as 10 lande onder die top-30 op die trefferlyste verskyn. Dít is op 17 November 2009 deur die EP My World opgevolg, wat deur die RIAA in die Verenigde State as 'n platinumvrystelling gesertifiseer is. Hiermee het Bieber die hoogste debuut deur 'n nuwe kunstenaar in daardie jaar bereik en hy het dan ook die eerste persoon geword wat sewe snitte op een debuutalbum op die Billboard Hot 100 gehad het. Sy eerste volledige ateljeevrystelling, My World 2.0, is op 23 Maart 2010 vrygestel en het soortgelyke sukses behaal: dit het op nommer een en binne die toptien van verskeie lande gedebuteer en is in minder as twee maande in die Verenigde State as platinum gesertifiseer. Hierdie uitreiking is deur die internasionale treffer "Baby" voorafgegaan.

Diskografie My World (2009) My World 2.0 (2010) Under the Mistletoe (2011) Believe (2012) Purpose (2015) Changes (2020) Justice (2021)

Toere Urban Behavior Tour (2009) My World Tour (2010–11) Believe Tour (2012–13) Purpose World Tour (2016)

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf YouTube-kanaal Justin Bieber Web

Kategorie:Kanadese musici Kategorie:Geboortes in 1994 Kategorie:Lewende mense