Darius I of Darius die Grote was die derde keiser van die Achaemenidiese Ryk. Hy het oor die ryk regeer tydens die hoogtepunt daarvan, onder meer oor Egipte en dele van Griekeland. Die verval en val van die ryk het begin met sy dood en die kroning van sy seun, Ahasveros.
Darius het die troon bestyg deur 'n sluipmoord uit te voer op die vermeende troonrower Bardija met die bystand van ses ander Persiese adelfamilies; Darius is die volgende oggend gekroon. Die nuwe keiser het las gehad van opstande dwarsdeur sy ryk, maar het telkens daarin geslaag om dit te onderdruk. 'n Hoofepisode in die lewe van Darius was sy strafekspedisie teen die stede Athene en Eretria, en die onderwerping van Griekeland. Hy het sy ryk uitgebrei deur oorwinnings oor Thracië en Masedonië, die Saka en Irannese stamme wat Medië binnegeval het.
Darius het die ryk georganiseer deur dit in provinsies onder te verdeel, waaroor elk 'n regerende goewerneur aangestel is. Hy het 'n nuwe geldstelsel ingevoer, asook Aramees ingestel as die amptelike taal van die ryk. Darius het ook bouprojekte aangevoor dwarsdeur die ryk, met die fokus op Soesa, Babilon en Egipte. Darius het 'n regstelsel vir Egipte laat opstel. Hy het verder die Behistoen-inskripsie op 'n kranswand laat uitkerf, 'n outobiografie wat van groot moderne taalwetenskaplike belang is.
Verwysings
Kategorie:Konings Kategorie:Mense in die 5de eeu v.C. Kategorie:Mense in die 6de eeu v.C. Kategorie:Monarge uit die Hebreeuse Bybel Kategorie:Persiese Ryk Kategorie:Geboortes in 550 v.C. Kategorie:Sterftes in 486 v.C.