Can (tot 1970 bekend as The Can) was 'n eksperimentele en avant-garde-rockgroep wat in 1968 in Wes-Duitsland gestig is. Hulle was geen konvensionele kommersiële groep nie; tog word hulle tot die belangrikste Krautrock-groepe gereken en het hulle talle van vandag se kunstenaars in rock- en elektroniese musiek beïnvloed. Hulle het wel 'n invloed op tydgenote soos The Velvet Undeground en Frank Zappa gehad, maar hul eie musiek was veel ernstiger en ontoegankliker. Hul opnames het nie uit popliedjies bestaan nie, maar het geluide, sintetiseerders, wêreldmusiek, knip-en-plaktegnieke en elektroniese musiek bevat.

Albums Monster Movie (1969) Tago Mago (1971) Ege Bamyasi (1972) Future Days (1973) Soon Over Babaluma (1974) Landed (1975) Flow Motion (1976) Saw Delight (1977) Out of Reach (1978) Can (1979) Rite Time (1989)

Eksterne skakels Allmusic-profiel

Kategorie:Duitse musiekgroepe