Egoli: Afrikaners is plesierig is 'n oorwegend Afrikaanse vollengte rolprent met Engelse onderskrifte wat op 16 Junie 2010 in teaters in Suid-Afrika begin draai het. Die rolprent is vervaardig nadat die laaste Egoli TV-sepie op 31 Maart 2010 uitgesaai is.Nog nie die laaste sien van Egoli nie! , Huisgenoot, URL besoek op 9 Mei 2010. Die rolprent het 'n ouderdomsperk van 13GT (geweld, taal). Die skrywer en vervaardiger is Franz Marx, die regisseur is Bromley Cawood en die hoofrolle word deur David Rees en Darren Kelfkens vertolk.

Marx was gekant teen die vertoon van Engelse subtitels omdat hy glo dat dit meer steurend op die grootskerm as op televisie is. Nu Metro het egter aangedring dat subtitels vir Engelse kykers aangebring word omdat die rolprent meer Afrikaans as die TV-reeks bevat.KKNK: Egoli vat 'n hit vir Afrikaans, besoek op 20 Junie 2010.

Genre Die rolprent is 'n drama.

Rolspelers David Rees as Niek Naudé Darren Kelfkens as Joe Tiffany Kelly as Sonet Michelle Beling as Candy Shaleen Surtie-Richards as Nenna Christine Basson as Nora Brümilda van Rensburg as Louwna Casper de Vries as Pa Duif Lerato Motau as TJ Christina Storm as Bienkie Kaz McFadden as Nenna se kleinseun

Storielyn Niek en Joe doen saam diens op die grens. Na 'n hinderlaag vind 'n skietongeluk plaas wat die twee se lewens later beïnvloed. Sake soos kinderhandel, prostitusie, swart ekonomiese bemagtiging en emigrasie word in die rolprent aangespreek en oefen 'n invloed op die karakters uit. Die rolprent eindig met 'n skietvoorval op 'n wolkekrabber in Johannesburg, waarna die twee vrede met hulle verlede maak.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Sien ook Egoli: Plek van Goud, TV-sepie.

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente