Franz Marx (21 Maart 1942 - 26 September 2021) was 'n Afrikaanse akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger.Who's Who SA , besoek op 20 Junie 2010. In 1969 het Kavalier Films 'n rolprent die lig laat sien wat op die lewe van die vroeëre legendariese Afrikaanse komponis Danie Bosman gegrond is. Franz Marx was in die titelrol. Ander spelers was Min Shaw (as Dorothy Bosman) en Fritz van Lingen (as Anton de Waal, 'n ander bekende in die Afrikaanse musiekwêreld van daardie tyd). Die regisseur was Elmo de Witt. IMBb: Danie Bosman: Die verhaal van die grootste S.A. komponis] https://www.imdb.com/title/tt2022368/

Dit was een van Marx se vroeë werke, wat sou uitloop op 'n formidabele reeks ander bydraes tot die Suid-Afrikaanse TV- en rolprentbedryf, waarvan die TV-sepie Egoli: Plek van Goud (as vervaardiger) stellig die bekendste is.

Filmografie Van die ander rolprente en TV-reekse waarin Marx as akteur te sien is: Jy is my liefling, 1968 (rolprent) Dr Kalie, 1968 as Harry Agter Elke Man, TV-reeks, (1985–1990). Verskeie ander

Regisseur Marx was die regisseur van die volgende rolprente: Netnou hoor die kinders, 1977 Geel Trui vir 'n Wenner, 1983 Die Prince van Pretoria, 1993

Vervaardiger Van die rolprente en TV-reekse wat Marx vervaardig het: Pasgetroud, rolprent Egoli: Plek van Goud, TV-reeks op M-Net, (1992–2010) Egoli (Afrikaners is plesierig), rolprent Verskeie ander

Skryfwerk Spieëlbeeld, spanningsverhaal (Protea, 2017).

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Sterftes aan Kovis-19 Kategorie:Alumni van Hoërskool Sentraal, Bloemfontein