Arsenal Football Club is 'n professionele Londense sokkerspan wat in die Engelse Premier League speel. Hulle is een van die suksesvolste Engelse sokkerspanne en het al drie keer die Premier League gewen.
Die klub dra rooi-en-wit truie en hul tuisveld is die Emirates-stadion in Noord-Londen. Hulle bynaam is "The Gunners". Die klub is in 1886 in Woolwich, Suidoos-Londen, gestig en is vernoem na die Royal Arsenal wapenfabriek.
In 1913 het die klub na die Highbury Stadium in Islington, Noord-Londen, geskuif, en in 2006 na die nuwe, groter, Emirates-stadion, slegs 'n halwe kilometer vanaf Highbury.
Erelys Plaaslik Kampioen van Engeland (13) 1930–31, 1932–33, 1933–34, 1934–35, 1937–38, 1947–48, 1952–53, 1970–71, 1988–89, 1990–91, 1997–98, 2001–02, 2003–04 FA Cup (14) 1930, 1936, 1950, 1971, 1979, 1993, 1998, 2002, 2003, 2005, 2014, 2015, 2017, 2020 League Cup (2) 1987, 1993 Charity Shield / FA Community Shield (16) 1930, 1931, 1933, 1934, 1938, 1948, 1953, 1991 (gedeel), 1998, 1999, 2002, 2004, 2014, 2015, 2017, 2020
Europees European Cup Winners' Cup (1) 1993–94 Inter-Cities Fairs Cup (1) 1969–70
Bekende oud-spelers en afrigters Spelers Thierry Henry Dennis Bergkamp Tony Adams Ian Wright Patrick Vieira Robert Pirès Freddie Ljunberg Gilberto Silva
Afrigters Herbert Chapman George Graham
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Engelse sokkerklubs Kategorie:Sport in Londen