200px|Luis Fernando Verissimo Luis Fernando Verissimo

Brasiliaanse skrywer

Literêre genres SatireMisdaadromansReisverhaleStrokiesverhale

Beduidende werke

O PopularA Grande Mulher NuaAmor BrasileiroEd Mort e Outras HistóriasSexo na CabeçaO Analista da BagéO Gigolo das PalavrasA Velhinha de TaubatéA Mulher do SilvaO Rei do RockA Mãe de FreudO Marido do Dr. PompeuO Jardim de DiaboOrgiasO Suicida e o ComputadorComédias da Vida Privada – 101 crônicas escolhidasNovas Comédias da Vida Privada A Versão dos AfogadosComédias para se Ler na EscolaBanquete com os Deuses

Handtekening 200px Luis Fernando Verissimo, gebore op 26 September 1936 in Porto Alegre (deelstaat Rio Grande do Sul), is 'n Brasiliaanse skrywer wat sedert die vroeë 1970's met sy satiriese kortverhale, later ook met romans en reisverhale bekendheid verwerf het. Verissimo het sy kinderjare in die Verenigde State deurgebring en ook as tiener drie jaar daar gebly - 'n ervaring wat hy in sommige van sy werke behandel.

In Brasilië is Verissimo met sy kronieke en kortverhale, wat daagliks in 'n aantal koerante verskyn, en meer as sestig gepubliseerde werke een van die gewildste hedendaagse skrywers. Oor 'n tydperk van twintig jaar het hy daarnaas die strokiesprent As Cobras geteken waarin slange as hoofkarakters oor allerlei onderwerpe gesels - die oneindige heelal, sokker en politiek. Vertalings van sy werke sluit 'n aantal misdaadromans in wat op literêre raaisels baseer. Veríssimo het hom daarnaas as spotprenttekenaar, toneel- en draaiboekskrywer en saxofonis bekwaam. Hy is die seun van Érico Verissimo, 'n bekende skrywer van sages.

Verissimo, Luis Fernando Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Lewende mense