Die Wit Monumente van Wladimir en Soezdal (Russies: Белокаменные памятники Владимира и Суздаля) is die naam van ’n Unesco-wêrelderfenisgebied in Rusland. Dit sluit agt Middeleeuse kalksteenmonumente van Zalesje, ’n historiese Russiese streek, in: Die Mariahemelvaart-katedraal in Wladimir (1158-'60, 1185-'89); Die Goue Poort in Wladimir (1158-'64); Die Katedraal van Sint Demetrius in Wladimir (1194-'97); Die kasteel van Andreas die Vrome in Bogoljoebowo (1158-'65); Die Kerk van die Voorspraak aan die Nerl in Bogoljoebowo (1165); Die Soezdalse Kremlin met die Katedraal van die Herkoms in Soezdal (1222-'25, aangebou in die 16de eeu); Die Sint Jefimijef-klooster in Soezdal (meestal 16de eeu); Die Kerk van Boris en Gleb in Kideksja (1152).

Verwysings

20px|linksHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal

Kategorie:Russiese argitektuur Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Rusland