+Região Autónoma dos AçoresOutonome Gewes Asore 100px|border 100px Vlag Wapen Lêer:LocationAzores.png Hoofstad Ponta Delgada Oppervlak – Totaal – % van Portugal Gelys 10de 2 334 vk km 1,5% Bevolking – Totaal (2001) – % van Portugal – Bevolkingsdigtheid Gelys 9ste 241 736 2,5% 104/vk km Statuut van Selfregering 1976 ISO 3166-2 PRT President van die streeksregering Vasco Cordeiro Governo Regional dos Açores
Die Asore (ook Asoriese Eilande genoem; Portugees: Ilhas dos Açores [ɐ'soɾɨʃ], "Hawikseilande") is 'n eilandgroep van vulkaniese oorsprong, geleë in die noordoostelike Atlantiese Oseaan tussen die vastelande van Noord-Amerika en Europa, op dieselfde breedtegraad as die Portugese hoofstad Lissabon. Die argipel het sy naam aan die rykdom van voëls te danke, alhoewel die spesie, wat Portugese ontdekkers hier waargeneem het, heel waarskynlik jakkalsvoëls en nie hawikke (Portugees: açores) was nie.
duimnael|links|Kaart van die Asore duimnael|links|Die vulkaankeël Montanha do Pico op die gelyknamige eiland, soos gesien vanaf São Jorge duimnael|links|Die Asore is allesbehalwe 'n bestemming vir massatoerisme. Daar is min sandstrande, maar 'n verskeidenheid aantreklikhede vir natuurliefhebbers en sportgeesdrifgtiges. Staptoeriste word beloon met uitsigpunte (miradouros) soos dié by Ponta do Sossego op die hoofeiland São Miguel duimnael|Die magtige vulkaankrater (kaldera) Caldeira do Faial, geleë op 580 m bo seevlak. Tot en met die uitbarsting in 1957 en 1958 was daar 'n meer in die krater. Sy water het in die aarde versypel en 'n moerasgebied agtergelaat duimnael|links|São Jorge word die "Eiland van fajãs" genoem – klein vrugbare kusvlaktes of landpunte wat teen die voet van steil kranse geleë is. Hulle word deur lawastrome of rotsstortings gevorm. Die foto wys twee van 'n veertigtal fajãs op die eiland – Cubres en Caldeira de Santo Cristo duimnael|Die vuurtoring van Ponta dos Capelinhos staan eensaam in 'n verlate maanlandskap duimnael|Staptoeriste naby die Ponta dos Capelinhos duimnael|links|Santa Barbara-strand, São Miguel, op 'n Desemberoggend duimnael|links|Angra do Heroísmo, die oudste nedersetting van die Asore – en die eerste wat deur Europeërs in die oneindige Atlantiese Oseaan, ver van hul vasteland, gevestig is duimnael|links|'n Hewige reënbui sak net noord van Faial oor die Atlantiese Oseaan uit Die nege eilande, wat 'n outonome gewes (Portugees: Região Autónoma dos Açores) van die Republiek Portugal met 'n eie parlement en regering vorm, het 'n oppervlakte van 2 333 km², met 'n eksklusiewe ekonomiese sone wat oor 984 300 km² strek. Die nege bewoonde eilande se oppervlaktes wissel van 747 km² (São Miguel) tot 17 km² (Corvo), met 'n kuslyn van altesaam 943 km. Die Asore-eilande lê verstrooid oor 'n seegebied wat byna so groot soos die vastelandse Portugal is.
Volgens hul geografiese ligging word die Asore-eilande in drie groepe onderverdeel: die oostelike groep (grupo oriental) met São Miguel en Santa Maria; die sentrale groep (grupo central) met Terceira, Graciosa, São Jorge, Pico en Faial; en die wesgroep (grupo ocidental) met Flores en Corvo. Die twee buitenste eilande, Santa Maria en Corvo, lê sowat 620 km ver van mekaar. Terwyl die eilandhoofstad Ponta Delgada as regeringsetel dien, vergader die Asoriese parlement in Horta.
Die Portugese volksplanting op die eilande het in die 15de eeu begin. Elkeen van die eilande het teen 'n verskillende tempo ontwikkel, afhangende van die gehalte van sy seehawe, sy terrein, weivelde en bewerkbare landbougrond, sy oesopbrengste en sy afstand van die ander eilande. Verskillende periodes van kolonisasie word ook weerspieël deur die feit dat elke eiland sy eie spesifieke dialek van Asoriese Portugees ontwikkel het.David Sayers, with Murray Stewart: Azores – the Bradt Travel Guide. 6de uitgawe. Chalfont St. Peter: Bradt Travel Guides 2016, bl. x
Met uitsondering van Graciosa en die weste van Santa Maria bestaan die eilandgroep merendeels uit bergagtige terrein. Die vulkaankeël Pico op die gelyknamige eiland is die hoogste piek op die Asore en in heel Portugal, op 2 351 meter bo seevlak. Die hele eilandgroep bestaan op sy beurt uit pieke van die Mid-Atlantiese Rug, 'n ondersese bergreeks, wat op die Noordelike en Suidelike Halfrond op plekke bo die wateroppervlak verrys.
Volgens die sensus van 2001 is die bevolking as iets meer as 240 000 bepaal. Meer as die helfte van die inwoners is op die hoofeiland São Miguel saamgetrek waar ook die grootste stedelike nedersetting en hoofstad, Ponta Delgada, geleë is. Die meerderheid van die bevolking is van Portugese afkoms. Historiese dokumente verwys na drie streke in Portugal – Algarve, Alentejo en Minho – van waar immigrasie op groter skaal plaasgevind het. Daarnaas het verskeie ander etniese groepe hul genetiese spore gelaat – 16de eeuse setlaars uit Vlaandere wat hulle merendeels op Faial gevestig het; Spaanse soldate, wat die argipel vanaf 1580 tydelik beset het; klein groepe immigrante uit ander dele van Europa, Joodse immigrante asook slawe van Moorse afkoms en uit Afrika.
Die stralend groen Asore-argipel word soms geassosieer met die legendariese versonke vasteland van Atlantis, maar Europeërs verbind sy naam veral met 'n klimatologies-weerkundige verskynsel wat gereeld voorkom – die sogenaamde Asore-hoogdrukstelsel waarvan die sentrum naby die eilandgroep geleë is (meestal suidwes daarvan). Dit maak deel uit van die subtropiese hoogdrukgordel en sorg, sodra dit in rigting Wes- en Sentraal-Europa begin uitbrei, vir stabiele warm en sonnige weerstoestande. Die Asore het 'n subtropiese klimaat met sterk oseaniese invloede. Saam met Kaap Verde, die Kanariese Eilande en die Madeiraeilande vorm die Asore 'n eie biogeografiese streek, Makaronesië, wat – ten spyte van die lang afstande – ooreenkomste tussen die eilande se fauna en flora toon.
Geologie Vulkanisme en plaattektoniek Die Asore is, net soos alle Atlantiese eilandgroepe, deur vulkaniese aktiwiteit gevorm. As pieke van die ondersese Mid-Atlantiese Rug (MAR), wat die Ou en die Nuwe Wêreld geologies van mekaar skei, is hulle regstreeks op 'n aktiewe breuklyn geleë wat op die seebodem tussen Europa en Afrika aan die een en Amerika aan die ander kant van die Atlantiese Oseaan loop. Ongeveer 170 km noordwes van Faial kom drie groot tektoniese plate in aanraking met mekaar – die Noord-Amerikaanse, die Eurasiese en die Afrikaplaat. Juis op dié punt is die Asore-argipel op 'n tektoniese mikroplaat geleë wat deur die MAR en die Terceira-breuklyn tussen die Eurasiese en die Afrikaplaat begrens word.Andreas Stieglitz: Azoren: Das subtropische Inselparadies. Norderstedt: Books on Demand 2009, bl. 10
As gevolg van plaattektoniese prosesse vorm gereeld krake in die aardkors en vloeibare gesteente begin opstyg. Deur hierdie ondersese vulkaanuitbarstings word, sodra die magma begin afkoel, geleidelik bergreekse gevorm. Die Asore is juis pieke van só 'n reeks. Al het die argipel sy ontstaan aan sy vulkane en tektoniese aktiwiteit te danke, is die eilande se geologiese struktuur onheilspellend vir sy bewoners. Die tektoniese plate, waarop die eilande geleë is, verskuif steeds. Die oostelike en sentrale eilande is oos van die MAR geleë en beweeg jaarliks sowat 1,5 sentimeter in oostelike rigting. Flores en Corvo op die ander kant van die Rug beweeg teen dieselfde snelheid in westelike rigting. Tektoniese wrywing in die oseaniese kors kom gereeld voor en word deur seismoloë dopgehou.
Skielike bewegings en die skokgolwe, wat daarmee gepaard gaan, het binne 'n tydsbestek van enkele dekades sterk aardbewegings tot gevolg gehad. Behalwe vir Corvo, Flores en Santa Maria is op alle eilande sedert die laat 20ste eeu aardbewings aangeteken. Die historiese nedersetting Angra do Heroísmo is op die Nuwejaarsdag van 1980 deur 'n aardbewing geskud. Die kragtige aardbewing, wat op 9 Julie 1998 verwoesting op Faial gesaai het, het 6,7 op die Richterskaal geregistreer.
Die rusteloosheid van die eilandgroep word daarnaas weerspieël in verwoestende vulkaanuitbarstings wat die Asore steeds getref het. Die uitbarsting van 1957 en 1958 op die mees westelike punt van Faial was 'n skouspelagtige natuurverskynsel waartydens 'n nuwe vulkaan, die Vulcão dos Capelinhos, gebore is. Die uitbarsting het in meerdere fases plaasgevind. Die aanvanklik ondersese vulkaan het geleidelik uit die oseaan verrys en nuwe land met 'n oppervlakte van 2,5 km² geskep. Die nabygeleë vuurtoring van 1903 is grotendeels onder vulkaanas begrawe, maar het desondanks staande gebly.
Aswolke is een kilometer die lug in geblaas, en 'n suil van waterstoom het oor 'n afstand van enkele kilometer sigbaar geword. 'n Eiland het tydelik ontstaan, maar kort daarna weer in die Atlantiese Oseaan versink. Eers met 'n nuwe reeks uitbarstings het 'n permanente nuwe eiland ontstaan, Ilha Nova 2, wat intussen met Faial versmelt het.
Die gebied, wat deur die uitbarsting geraak is, is destyds slegs deur vissers, walvisjagters en vuurtoringwagters bewoon. Walvisjagters het enkele dae voor die natuurramp verdagte verskynsels en veranderings op die wateroppervlak waargeneem wat hulle as voorbode van 'n uitbarsting herken het. Die klein vissersdorpie Capelo kon dus betyds ontruim word voordat dit agt dae lank deur aardbewings getref is. Die oggend van 27 September 1957 het die vulkaan Capelinhos voor die kus uit die see verrys. Baie bewoners het die eiland vir goed verlaat en hulle in die Verenigde State en Kanada gevestig. Om hulle spoedige hervestiging te vergemaklik, het die destydse Amerikaanse president Dwight D. Eisenhower saam met die Kongres immigrasieprosedures per dekreet vereenvoudig.
Die uitbarsting van 1957/58 is deur wetenskaplikes en joernaliste dopgehou en deur al die fases heen noukeurig gedokumenteer. Tot vandag toe bly die gebied van Ponta dos Capelinhos raaiselagtig en trek dit die aandag van internasionale navorsers. In teenstelling met die groen res van die eiland lyk dit ook vyf dekades ná die uitbarsting soos 'n maanlandskap en is daar – anders as in ander vulkaniese terreine op die Asore – geen nuwe plantegroei nie.
Ouderdom Die Asore-eilande is van verskillende ouderdomme. Die gesteentes, wat op Santa Maria aangetref word, is sowat agt miljoen jaar oud. Opvallend is die kalkagtige sedimente waarin talle fossiele gepreserveer is. Blykbaar het die eiland in sy geskiedenis tydelik in die see versink om later weer bo die wateroppervlak te verrys.
Die ooste van São Miguel met die Tronqueira-massief is sowat vier miljoen jaar gelede gevorm, terwyl die westelike gedeelte eers later ontstaan het. Pico is die jongste eiland in die argipel. Sy ouderdom word deur geoloë op sowat 270 000 jaar beraam. In vergelyking met ander vulkaniese eilande in die Atlantiese Oseaan het die Asore dus betreklik laat ontstaan. So dagteken Madeira se gesteentes uit die ontstaantydperk van die Atlantiese Oseaan sowat 60 tot 70 miljoen jaar gelede.
Klimaat duimnael|Die dorp Sete Cidades word deur digte mis omhul Die Asore is binne die subtropiese hoogdrukgordel geleë. Hier staan hulle onder die invloed van die ossilerende hoogdrukstelsel wat na hulle genoem is. Die Asore-hoogdrukstelsel oefen invloed op weerstoestande tot Europa uit, veral gedurende die somermaande wanneer sy sentrum regstreeks oor die eilandgroep lê. Sodra sy ligging begin verander, raak dit regstreeks weerstoestande. Gedurende die winter verskuif sy sentrum na die suide of suidweste, in die oorgangstye van lente en herfs na die suidooste. Laedrukstelsels, wat uit westelike rigting nader, bring dan koeler reënweer.
Naas die Asore-hoogdrukstelsel word die eilande se klimaat deur die Noord-Atlantiese Stroom bepaal, 'n sytak van die warm Atlantiese Golfstroom. So het die eilandgroep 'n gematigde subtropies-oseaniese klimaat met min temperatuurskommelinge dwarsdeur die jaar en 'n jaarlikse gemiddeld van sowat 17,5 °C. Temperature van meer as 30 °C word selde aangeteken.