William Philip Schreiner (Wittebergen-reservaat, distrik Herschel, Kaapkolonie, 30 Augustus 1857 tot Llandrindod Wells, Wallis, 28 Junie 1919) was 'n Suid-Afrikaanse prokureur, regsadviseur, prokureur-generaal, eerste minister van die Kaapkolonie, senator van die Unie van Suid-Afrika en hoë kommissaris in Londen, hoewel hy waarskynlik veral onthou word as die broer van Olive Schreiner, die eerste skrywer in Suid-Afrika wat Engelse prosa van eersterangse kaliber opgelewer het. De Kock, dr. W.J. in Aucamp, Gerard (red.). 1947. Suid-Afrikaanse heldegalery. Kaapstad: M. Rieck. Hy en sy suster, onderskeidelik hul ouers se negende en tiende kind, Brookes, Edgar H. in Potgieter, D.J. 1973. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery. was die skranderste van die kroos van twaalf. Meintjes, Johannes. 1965. Olive Schreiner. Portrait of a South African woman. Johannesburg: Hugh Keartland (Publishers) (Pty.) Ltd.
William Schreiner het 'n leidende rol gespeel in die laaste twee dekades van die 19de eeu wat uitgeloop het op die Suid-Afrikaanse Oorlog. Nadat hy weens verdeeldheid in sy kabinet oor die Suid-Afrikaanse Oorlog as eerste minister van die Kaapkolonie moes bedank, het hy eers weer in 1908 tot die aktiewe politiek teruggekeer en nooit weer 'n leidende rol gespeel soos in die 19de eeu nie. Dr. W.J. de Kock skryf in Heldegalery: "Sy loopbaan was nie skouspelagtig nie, en tog was hy 'n man wat aan sy tydgenote bekend was nie alleen as briljante advokaat en regsgeleerde nie, maar as 'n waarlik goeie mens wat die eienskappe van deeglikheid, mensliewendheid en karaktervastheid in die politieke lewe en in openbare aangeleenthede as bates aangewend het." Hy noem Schreiner se lewe "mooi" en sê dit is gekenmerk deur "hardwerkendheid en deeglikheid, gepaard met vriendelikheid teenoor almal met wie hy in aanraking gekom het". 'n Vriend, adv. Ralph Close, het kort ná Schreiner se dood gesê: "Whatever he said, all men believed him, that as he spake so he thought, and whatever he did, that he did with a good intent."
Edgar H. Brookes skryf hoewel Schreiner anti-imperialisties was, was hy in wese 'n lojale Britse onderdaan. Toe oorlog in Suider-Afrika laat in die 1890's onafwendbaar begin lyk, het Schreiner opreg na vrede tussen Brittanje en die Boererepublieke gestrewe, soms tot die ontsteltenis van die goewerneur en Britse hoë kommissaris, sir Alfred Milner. Schreiner het gehoop, selfs al sou oorlog dan uitbreek, dat die Kaapkolonie "a little place of peace" kon bly, hoewel dit ingevolge die destydse grondwetlike beginsels outomaties by enige oorlog betrokke sou wees wat die koningin verklaar het. As die Kaapse eerste minister van 1898 af, het hy die Tweede Vryheidsoorlog onwillig betree, waarna hy weens tweestryd in sy kabinet in Junie 1900 verplig was om te bedank. In die verkiesing van 1904 kon hy nie daarin slaag om 'n setel te wen nie, en eers in 1908 kon hy terugkeer na die Kaapse wetgewende vergadering. Die subtitel van sy biografie deur prof. Eric Walker is "a South African", en dit, skryf Brookes, was hy inderdaad. "Hy lewe voort in die Suid-Afrikaanse geskiedenis as iemand wat die Afrikaners se belange altyd op die hart gedra het, selfs in hul donkerste uur, en terselfdertyd as 'n vooraanstaande kampvegter vir die Afrika-rasse, maar boweal as iemand met vlekkelose integriteit, verhewe bo bedrog en onbaatsugtig, met 'n liefde vir sy land verhewe bo alle persoonlik ambisie of gerief."
Dr. T.R.H. Davenport skryf: "Schreiner was 'n uiters begaafde man en het die suksesvolste advokaat van sy tyd geword asook 'n leier van die Kaapse balie, maar in die hof het hy nie dieselfde hoë peil bereik nie. Daar was hy geneig om uit die hoogte te wees sodat hy by baie botsings met lede van die regbank betrokke was. Sy neiging om elke puntjie met oordrewe presiesheid te beredeneer, het nie alleen sy kollegas in die hof mateloos geïrriteer nie, maar ook parlementslede, wat somtyds sy uiters ingewikkelde toesprake moes verduur waarin die hooftema uiteindelik totaal vertroebel is deur besonderhede. In 'n eeu van heftige politieke partygees, het Schreiner matig probeer optree, maar nie daarin geslaag nie. Tog was hy as mens hartlik, simpatiek, veels te gulhartig en die opregtheid self sodat hy alom gewild was en hoë agting geniet het." Davenport, dr. T.R.H. in De Kock, W.J. en Krüger, D.W. (reds.). 1986. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
Herkoms en kinderjare William se vader, Gottlob Schreiner, is in 1814 op die dorpie Fellbach naby Stuttgart in Duitsland gebore. Nadat hy sy ambag as skoenmaker verlaat het, het hy aan die sendingkweekskool in Basel gaan studeer, van waar hy na die Islington College gegaan het, maar in 1837 vertrek het om in diens van die Londense Sendinggenootskap te tree. Nog in dieselfde jaar, op 7 November 1837, is hy getroud met Rebecca Lyndall nadat hy in Junie daardie jaar as predikant georden is. Rebecca was die dogter van eerw. Samuel Lyndall en sy tweede vrou. Gottlobb is gevul met sendingywer vanweë die Herlewingsbyeenkomste wat hy bygewoon het en, nadat die paartjie getroud is, het hulle 'n skip na die Kaapkolonie gehaal "om die evangelie aan die heidene te gaan verkondig".
duimnael|180px|William Schreiner se pa, Gottlob Schreiner, was 27 jaar sendeling tot hy gedwing is om te bedank omdat hy om den brode op klein skaal handel gedryf het. Vroeg in Februarie 1838 het die toekomstige eerste minister van die Kolonie se ouers, wat uiteraard nog kinderloos was, voet aan wal gesit in die Kaap. Kort ná hul aankoms het hulle na Port Elizabeth verhuis en vervolgens na Philipton, nie ver daarvandaan nie. Gottlob was 'n "groot, goed geboude man, teruggetrokke en met 'n naïewe vertroue in mense", maar hoewel hy nie buitengewoon intelligent was nie, het sy goedhartigheid, onselfsugtigheid en vrygewigheid dit vergoed. Sy vrou het al die eienskappe besit wat hy kortgekom het: sy was kragdadig, skerpsinnig en prakties, en het baie van haar eienskappe aan haar kinders oorgedra.
Rebecca Lyndall is in 1818 in Londen gebore. Haar opvoeding was veel beter as dié wat die meeste meisies destyds ontvang het. Sy was 'n vasbeslote vroutjie met 'n fyn waarnemingsvermoë en waagmoed. Die primitiewe, ongenaakbare omgewing en lewensomstandighede in Suid-Afrika moes uiterste sielskrag en uithouvermoë van haar geverg het. Aanvanklik het sy 'n onwrikbare geloof gehad wat haar struikelblokke help oorwin het. Hoewel haar godsdienstige oortuigings soms aan fanatisme gegrens en tot ernstige konflik in haar kinders gelei het, was dit juis dié geloofsopvattinge wat haar staande gehou het.
Van Philipton na Wittenbergen duimnael|links|210px|Van al sy broers en susters was William die naaste aan Olive, wat sowel ouderdom as temperament en intelligensie betref het. Philipton in die vrugbare Katriviervallei is kort voor die Schreiners hulle daar gaan vestig het, deur swart stamme ontruim ingevolge 'n verdrag tussen goewerneur lord Charles Somerset en hoofman Gaika. Hier is William se oudste suster, Katherine, gebore sonder enige hulp. 'n Jaar later het die gesin na Philippolis in die Suid-Vrystaat verhuis waar, in Adam Kok se gebied, die eerste seun, Frederick, gebore is. In 1842 verhuis die gesin verhuis na Basel, wat deur Gottlob na die Europese stad genoem is, aan die Caledonrivier, naby die grens van die teenswoordige Lesotho. (Van dié sendingstasie het niks oorgebly nie.)
Terwyl die gesin hulle in die daaropvolgende jare op verskeie plekke na aan die grens van dié bergagtige gebied gevestig het, het William se ouer sibbes met gereelde tussenposes vermeerder: Theophilus (Theo) is in 1844 op Colesberg gebore, Alice in 1845 op Basel en Henrietta (Het of Ettie) in 1850 op Umpukani. In 1854 het die gesin na die Wittebergen-sendingstasie verhuis waar Olive Emilie Albertina Schreiner (so genoem na haar gestorwe broers: Emile, Oliver en Albert) op 24 Maart 1855 gebore is as die ouerpaar se neënde kind. Mettertyd sou Rebecca twaalf kinders in die lewe bring, van wie talle kleintyd oorlede is.
Hulle is in chronologiese volgorde (met een wat ontbreek): Kate (1840), wat met die aantreklike sakeman John Findlay getroud is en op Fraserburg gaan woon het. Fred (1841), wat gegradueer het aan die Universiteit van Londen en die aanvanklik geslaagde New College in Eastbourne opgerig het. Emile (?), wat oorlede is binne drie maande ná sy geboorte. Theo (1844), wat 'n onderwysers geword het, nes Fred, maar 'n godsdienstige fanatikus was. Alice (1845), wat met die Ier Robert Hemming getrou het en oorlede is op 38 nadat sy die lewe geskenk het aan 15 kinders. (Hemming was bibliotekaris, winkelier en in 1858 die eerste posmeester op Fraserburg.) Oliver (?), wat jonk oorlede is. Ettie (1850), wat ook 'n godsdienstige fanatikus was, maar volgens William se swaer Samuel Cronwright "miskien die mees uitstaande Christin wat Suid-Afrika al opgelewer het". Cronwright-Schreiner, Samuel. 1924. The Life of Olive Schreiner. London: Allen & Unwin.Albert (?), wat ook jonk oorlede is. Olive (1855), die eerste Suid-Afrikaanse skrywer van Engelse prosa wat roem verwerf het. William (1857), die latere eerste minister en briljante advokaat. Ellie (1862), wat dood is op twee, en wie se dood Olive later sou sê haar oombliklik 'n vrydenker gemaak het.
Hierdie Wittebergen-sendingstasie, waar William ook gebore is, was geleë op 'n windverwaaide, afgesonderde en rotsagtige plek in 'n sogenaamde naturelle-reservaat. 'n Groepie witgekalkte geboue was geleë naby die rand van 'n krans en blootgestel aan die elemente. Eerw. William Shepstone, 'n asmalyer, het dié ligging uitgesoek. Voorheen moes Gottlob sy eie woonplekke bou, maar nou kon hy hom toewy aan die ommuurde groentetuin voor sy huis.
William se suster Kate het die huis geskets en daarmee saam die bergagtige agtergrond en 'n weerligafleier tussen die huis en die kerkie. Weerlig het die suidelike kant van die huis teen daardie tyd al drie keer getref. Dié nedersetting was afgesonder van die beskaafde wêreld, die naaste poskantoor was meer as 150 km daarvandaan op Colesberg. Die inwoners van die reservaat was Fingo, Basoeto en basters met enkele San, wat soms spore gemaak het met die vee.
Verhuising na Healdtown duimnael|350px|links|Nelson Mandela (agter, vyfde van regs) was in 1937 en '38 'n leerling aan die Wesleyaanse Kollege op Healdtown, die sendingstasie waarheen die Schreiners in 1861 met onder andere hul vierjarige seun, William, verhuis het. William het net sy eerste vier lewensjare op Wittebergen deurgebring, want omstreeks 1861 het die gesin oudergewoonte verhuis, dié keer na Healdtown, sowat 10 km noordoos van Fort Beaufort. (Dit was op dié sendingstasie dat die eerste nog bestaande foto van Nelson Mandela in 1937 geneem is terwyl hy van daardie jaar tot einde 1938 aan die plaaslike Wesleyaanse Kollege studeer het. Mandela archive goes live, sapeople.com. URL besoek op 8 Februarie 2014.)
Die klein William was gaande oor sy suster Olive, met wie hy dikwels op die kleivloer van hul eenvoudige huis rondgerol het. Hulle sou lewenslank innig aan mekaar geheg bly, want hy was die naaste aan haar in ouderdom sowel as geaardheid. William se biograaf Eric A. Walker het geskryf: "Hy en Olive het ook die hoë opvatting van plig en selfopoffering behou wat by hulle ingeprent is, maar nie een het die geloof behou wat daarmee gepaardgegaan het nie, as hulle dit ooit gehad het. Religious-minded they both were, intensely so; but not so that they could pour their spiritual zeal into any earthly mould. It was the narrowness of their elders' faith that repelled them." Walker, Eric A. 1937. W.P. Schreiner – A South African. London: Oxford University Press.