Hierdie is 'n lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika:

Tans Die openbare vakansiedae wat tans in Suid-Afrika gevier word is as volg: DatumAfrikaanse Naam1 JanuarieNuwejaarsdag 21 MaartMenseregtedagDie Vrydag voor PaasfeesGoeie VrydagDie Maandag na PaasfeesGesinsdag27 AprilVryheidsdag1 MeiWerkersdag 16 JunieJeugdag 9 AugustusNasionale Vrouedag24 SeptemberErfenisdag16 DesemberVersoeningsdag25 DesemberKersdag26 DesemberWelwillendheidsdag

Eenmalige vakansiedae

Sedert 1994 word alle verkiesingsdae tot vakansie geproklameer.

31 Desember 1999 en 2 Januarie 2000 was tot vakansiedae verklaar om die sogenaamde "Y2K" oorskakeling te akkommodeer. 3 Januarie was derhalwe outomaties ook 'n vakansiedag omdat die vorige vakansiedag 'n Sondag was.

2 Mei 2008 was tot vakansiedag verklaar toe Menseregtedag en Goeie Vrydag albei op 21 Maart 2008 plaasgevind het.

Afgeskaf Vakansiedae wat afgeskaf is:SA kry in '95 vier nuwe vakansiedae Stigting, jeug, vroue en erfenis gedenk, Beeld, 8 September 1994.

+DatumAfrikaanse Naam6 AprilStigtingsdag (vroeër Van Riebeeckdag) Verskillende daeHemelvaartsdag31 MeiRepubliekdag10 OktoberKrugerdag (ook Heldedag genoem)16 DesemberGeloftedag (ook Dingaansdag genoem)

Lees ook Staatsverjaardag Tweede Nuwe Jaar Wienerdag

Verwysings

Eksterne skakels https://www.gov.za/about-sa/public-holidays

Openbare vakansiedae Suid-Afrika